{"id":5754,"date":"2024-01-25T18:13:05","date_gmt":"2024-01-25T16:13:05","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5754"},"modified":"2024-04-29T18:30:56","modified_gmt":"2024-04-29T16:30:56","slug":"hoe-lyk-die-wereld-van-alpakka-vesel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/large-stock\/hoe-lyk-die-wereld-van-alpakka-vesel\/","title":{"rendered":"Hoe lyk die W\u00eareld van Alpakka vesel?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h2>Alpakka Vesel<\/h2>\n<h2>Alpakkas is semi-makgemaakte lede van die Suid-Amerikaanse kameelfamilie. Hulle word al vir millennia gebruik vir hul duursame, sagte en isolerende haar. Alpakkas word eenkeer per jaar in die lente geskeer en kan so effektief voedsel in haar omskakel dat hulle as die mees effektiewe vesel-produserende diere beskou word.<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><strong>Eienskappe van Alpakka Vesel<\/strong><\/h2>\n<p>Alpakkahaar is baie fyn en voel daarom donsig, amper syerig. Daar word beweer dat dit vyf keer sterker en fyner is as wol en dis ook langer as die meeste ander natuurlike vesels. Verskeie faktore bepaal die sagtheid van alpakkavesel. Individuele alpakkavesels bestaan uit buitenste \u2018skubbe\u2019 wat teen die skag van van die vesel l\u00ea. Die skubhoogte van alpakkavesel is ongeveer 0.04 mikron vergeleke met 0,08 mikron vir wol. Dit beteken in die praktyk dat alpakkavesel sagter as wol voel. Die skubbe is langer as di\u00e9 van wol en sybokhaar, wat die alpakkavesel gladder maak as di\u00e9 van wol en sybokhaar.<\/p>\n<p>Alpakkavesel is waterbestand, is bestand teen sonligbestraling en bevat mikroskopiese lugsakkies wat daaraan isolerende eienskappe verleen.<\/p>\n<p>Dit bevat nie lanolien nie &#8211; \u2018n olierige substansie by wol-produserende diere. Die residu van die chemiese middels wat nodig is om lanolien uit skaapwol te verwyder veroorsaak \u2018n jeukerigheid as \u2018n simptoom van \u2018n allergiese reaksie. Alpakkavesel veroorsaak nie hierdie irritasie nie en is geskik om vir babakledingstukke en kledingstukke vir mense met sensitiewe velle gebruik te word.<\/p>\n<p>Alpakkavesel is beskikbaar in 22 verskillende kleure en skakerings en ook verskeie klasse van fynheid van 16 tot 30 mikron. Hoe laer die mikron is, hoe fyner en sagter is die vesel. Kleure wissel van wit, skakerings van bruin en grys tot swart, met wit as die predominante kleur.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><strong>Tipes Alpakka Vesel<\/strong><\/h2>\n<p>Daar is twee fenotipes alpakkas, die Huacaya, met hul meer skaap-agtige, sponsagtige vesel, en die Suri alpakkas met hul langer, gladder vesels. Huacaya vesel is golwende vesels wat hul vorm oor tyd behou en is meer geskik vir gebreide items. Suri vesel het \u2018n syerige glans en word verkies vir duurder eindprodukte soos alpakka pakke.<\/p>\n<p>Alpakkavesel moet goed geklassifiseer word om die voorkoms van growwe haar (\u2018guard hair\u2019 genoem) te verminder. Faktore soos swak genetika, ho\u00eb hoeveelhede prote\u00efene in die voer en die dier se ouderdom kan veroorsaak dat vesels growwer word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><strong>Verwerking van Alpakka Vesel<\/strong><\/h2>\n<p>Die produksie van alpakkavesel bestaan uit verskeie fasette. Die proses begin by die versameling van die haar. Alpakkahaar of vesel word eenmaal per jaar geskeer in September of Oktober, afhangende van hoe erg die Suid-Afrikaanse winter is. Alle volwassenes en crias (baba alpakkas) vanaf ses maande word geskeer deur \u2018n spesiaal opgeleide alpakkaskeerder met behulp van toerusting soortgelyk aan di\u00e9 vir skape. \u2018n Cria lewer ongeveer 1 kg haar terwyl \u2018n volwasse alpakka sowat 2.5 kg of meer kan lewer.<\/p>\n<p>Die vesels word dan met die hand skoongemaak om plantmateriaal soos dorings en gras te verwyder. Daarna word alpakkavesel wat dieselfde kleur het bymekaargesit. Sommige alpakkaveselprodusente sal selfs klein bietjies haar bymekaarmaak in \u2018n \u2018spots lot\u2019, soos bv die bruin haar van \u2018n wit dier wat \u2018n klein bruin kolletjie het.<\/p>\n<p>\u2018Skirting\u2019 is die proses gedurende die skeerdery (of agterna) wanneer die ooglopende growwe haar &#8211; wat meer as 30 mikrons dik mag wees &#8211; verwyder word uit die fyner gedeelte van die vag. Uiteindelik sal die res van die dikker, reguit hare by die verwerkingsaanleg veryder word.<\/p>\n<p>Die vesel word dan vir verwerking na \u2018n spesiale aanleg in Butterworth in die Oos-Kaap gestuur. Kalibrasie van masjinerie vir die verwerking van sybokhaar is nie geskik vir die verwerking van alpakkahaar nie.\u00a0 Vesels word eers gewas met kleure wat apart gehou word, lugdroog gemaak en dan gekardeer. Kardering bring die alpakkavesels almal in lyn met mekaar. Nadat hulle gekardeer is, is die vesels gereed om gespin te word in brei of weefdraad.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><strong>Genetika en Alpakkahaar<\/strong><\/h2>\n<p>Om diere te teel vir \u2018n spesifieke kleur haar is \u2018n ingewikkelde storie, veral die kleur grys. Baie navorsing is algedoen hieroor, s\u00ea Alison Notley, president van die South African Alpaca Breeders Society en eienaar van Helderstroom Alpacas.<\/p>\n<p>Australi\u00eb doen baie om die genetiese kwaliteit van alpakkahaar te verbeter, veral in terme van variasie in veseldikte, vermindering van minderwaardige vaggedeeltes en verlaging in die ratio van prim\u00eare tot sekond\u00eare vesels (growwe \u2018guard hair\u2019).<\/p>\n<p><strong>Alle fotos \u00a9 Marinda Louw<\/strong><\/p>\n<p>Inhoud: <a href=\"https:\/\/southafrica.co.za\/af\/alpakka-vesel.html\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow\">https:\/\/southafrica.co.za\/af\/alpakka-vesel.html<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Alpakka Vesel Alpakkas is semi-makgemaakte lede van die Suid-Amerikaanse kameelfamilie. Hulle word al vir millennia gebruik vir hul duursame, sagte en isolerende haar. Alpakkas word eenkeer per jaar in die lente geskeer en kan so effektief voedsel in haar omskakel dat hulle as die mees effektiewe vesel-produserende diere beskou word. &nbsp; Eienskappe van Alpakka Vesel [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5755,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[68],"tags":[],"class_list":["post-5754","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-grootvee"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5754","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5754"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5754\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5755"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5754"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5754"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5754"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}