{"id":5757,"date":"2024-01-25T18:34:40","date_gmt":"2024-01-25T16:34:40","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5757"},"modified":"2024-04-29T18:45:42","modified_gmt":"2024-04-29T16:45:42","slug":"wat-is-vleisbeeste-se-belangrike-enkelgeen-eienskappe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/large-stock\/wat-is-vleisbeeste-se-belangrike-enkelgeen-eienskappe\/","title":{"rendered":"Wat is vleisbeeste se belangrike enkelgeen-eienskappe?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h2>Belangrike enkelgeeneienskappe by vleisbeeste<\/h2>\n<p>Enkelgeen-eienskappe word gewoonlik deur \u2019n mutasie in \u2019n spesifieke geen veroorsaak. \u2019n Mutasie is \u2019n verandering in die DNS-kode wat verantwoordelik is vir die vervaardiging van byvoorbeeld \u2019n spesifieke ensiem, hormoon of prote\u00efen.<\/p>\n<p>Die verandering in die geen se produk kan die dier gevolglik anders laat vertoon, byvoorbeeld, in plaas van swart hare, het die dier rooi hare, of omdat die produk van die geen glad nie of net gedeeltelik werk, kan dit byvoorbeeld \u2019n sindroom soos dubbelbespiering veroorsaak. Enkelgeen-eienskappe word hoofsaaklik deur een hoofgeen be\u00efnvloed en hierdie tipe oorerwing staan as Mendeliese oorerwing bekend. Genomika word onder meer gebruik om die draers van enkelgene op te spoor. Genomika is die studie van enkelnukleotied polimorfismes (SNP\u2019s) \u2013 klein verskille in die DNS van diere.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><strong>Dominansie <\/strong><\/h2>\n<p>Elke dier ontvang twee vorms (variante) van dieselfde geen \u2013 een van sy vader en een van sy moeder. Indien \u2019n dier twee verskillende variante vanaf sy ouers ontvang, sal een van die twee variante gewoonlik domineer. So byvoorbeeld is die variant vir \u2019n swart haarkleur (ED) dominant teenoor die variant vir rooi haarkleur (e). Indien \u2019n dier dus beide \u2019n swart en \u2019n rooi variant het, sal die dier \u2019n swart haarkleed h\u00ea, maar wel die geen vir \u2019n rooi haarkleur dra en na sy nageslag oordra. In effek beteken dit dus dat \u2019n swart dier \u00f3f twee swart gene (ED\/ED) \u00f3f \u2019n swart geen en \u2019n rooi geen (ED\/e) kan dra. \u2019n Rooi dier sal altyd twee rooi kleurvariante (e\/e) dra, omdat rooi resessief is. Nog \u2019n variant wat die kleur van beeste be\u00efnvloed is die wilde tipe (E+), wat kleure tussen rooibruin en bruinswart kan veroorsaak. Diere met hierdie variant kan byvoorbeeld donkerder wees op die kop, rug, nek, ore, bene en stert. Daar is egter ook ander kleurgene wat kleure sal bepaal, of die rooi of swart gene sal wysig, byvoorbeeld die wit kleur van die Charolais.<\/p>\n<p><strong><em>\u201cEnkelgeen-eienskappe word hoofsaaklik deur een hoofgeen be\u00efnvloed en hierdie tipe oorerwing staan as Mendeliese oorerwing bekend. Genomika word onder meer gebruik om die draers van enkelgene op te spoor.\u201d<\/em><\/strong><\/p>\n<p>By die poenskop- (Pc) en horing- (H) gene is poenskop dominant teenoor horings. \u2019n Dier met horings sal dus altyd twee horinggene (HH) dra, terwyl \u2019n poenskopdier \u00f3f twee poenskopgene \u00f3f \u2019n poenskop en \u2019n horinggeen kan dra.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><strong>Dubbelbespiering <\/strong><\/h2>\n<p>Sekere mutasies in die miostatiengeen veroorsaak dat die embrio te veel spierselle het. Die dier vertoon dan die kondisie bekend as dubbelbespiering. Dubbelbespierde diere het meer vleis (spiere), maar ook minder vet, \u2019n swak skelet en verskeie ander probleme. Diere met twee nadelige miostatienvariante is dus nie geskik vir ekstensiewe boerdery nie, veral vanwe\u00eb die verhoogde risiko van moeilike kalwings en verlaagde vrugbaarheid van koeie. Drie van die variante wat dubbelbespiering veroorsaak kom algemeen in baie vleisbeesrasse oor die w\u00eareld voor, asook in Suid-Afrika. Die variante is almal resessief of gedeeltelik resessief, wat beteken dat \u2019n draer moeilik fenotipies uitgeken word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><strong>Vleissagtheid<\/strong><\/h2>\n<p>Variante van die calpain-, calpastatin- en DGAT1-gene word betekenisvol met vleissagtheid in verskeie vleisbeesrasse geassosieer, en daar is reeds genomiese merkers (SNP\u2019s) vir hierdie gene ge\u00efdentifiseer. DGAT1 word ook met die persentasie vetinhoud van melk en spier (marmering) geassosieer. Die oorerwing daarvan is additief, wat beteken dat die gekombineerde effek gelyk is aan die som van die effekte van individuele variante.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><strong>Nadelige gene <\/strong><\/h2>\n<p>Daar is ook genomiese merkers vir enkelgene wat nadelig is, byvoorbeeld Pompe se siekte, kromstert, vrotvel en verskeie onvrugbaarheidshaplotipes. Met moderne tegnologie is dit gelukkig maklik om draers van voordelige \u00e9n nadelige enkelgeen-eienskappe te identifiseer en te selekteer.<\/p>\n<p><strong>Deur dr Helena Theron, genetikus, SA Stamboek<\/strong><\/p>\n<p>Inhoud: <a href=\"https:\/\/www.studbook.co.za\/a170\/algemene-artikels\/belangrike-enkelgeeneienskappe-by-vleisbeeste.html\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow sponsored\">https:\/\/www.studbook.co.za\/a170\/algemene-artikels\/belangrike-enkelgeeneienskappe-by-vleisbeeste.html<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Belangrike enkelgeeneienskappe by vleisbeeste Enkelgeen-eienskappe word gewoonlik deur \u2019n mutasie in \u2019n spesifieke geen veroorsaak. \u2019n Mutasie is \u2019n verandering in die DNS-kode wat verantwoordelik is vir die vervaardiging van byvoorbeeld \u2019n spesifieke ensiem, hormoon of prote\u00efen. Die verandering in die geen se produk kan die dier gevolglik anders laat vertoon, byvoorbeeld, in plaas van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5758,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[68],"tags":[],"class_list":["post-5757","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-grootvee"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5757","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5757"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5757\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5758"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5757"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5757"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5757"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}