{"id":5769,"date":"2024-01-25T13:18:17","date_gmt":"2024-01-25T11:18:17","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5769"},"modified":"2024-05-02T13:29:19","modified_gmt":"2024-05-02T11:29:19","slug":"groei-in-granaatproduksie-vanjaar-verwag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/crops\/groei-in-granaatproduksie-vanjaar-verwag\/","title":{"rendered":"Groei in granaatproduksie vanjaar verwag?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h2>Groei in granaatproduksie vanjaar verwag<\/h2>\n<p>Die granaat-plukseisoen begin vandeesweek in Suid-Afrika, met kwekers wat die Angel Red-variant in die noorde van die land sal begin pluk.<\/p>\n<p>Boere sal die Angel Red-variant nou begin pluk. (Foto: Sapex)<\/p>\n<p>Die organisasie Sapex s\u00ea slegs beperkte volumes van di\u00e9 kultivar sal beskikbaar wees en dit gaan ook die eerste keer wees wat Sapex dit uitvoer.<\/p>\n<p>\u201cOns is opgewonde om te sien hoe Angel Red uitvoeromstandighede gaan hanteer,\u201d s\u00ea die organisasie.<\/p>\n<p>Die aanvang van die Wonderful-variant se plukseisoen volg oor \u0149 paar weke, \u0149 paar dae later as verlede jaar, maar uitvoere sal waarskynlik teen naastenby dieselfde tyd begin.<\/p>\n<p>\u201cVerskeping is in hierdie stadium ietwat van \u0149 bekommernis en ons hoop die probleme by die hawens word binnekort opgelos.\u201d<\/p>\n<p>Die Wonderful-granate word eers oor \u2018n paar weke gepluk. (Foto: Sapex)<\/p>\n<p>Sapex verwag \u0149 toename in granaatvolumes van naastenby 20% nadat nuwe aanplantings in produksie begin kom het. Vir Suid-Afrika in die geheel, gaan volumes waarskynlik met sowat 10% styg in vergelyking met verlede jaar se seisoen.<\/p>\n<p>Sapex s\u00ea weersomstandighede is gunstig, hoewel verwagte warmer temperature sonbrand kan veroorsaak. Marktoestande bly egter gunstig.<\/p>\n<p>Red Angel-granate aan die boom. (Foto: Sapex)<\/p>\n<p>Source: <a href=\"https:\/\/maroelamedia.co.za\/landbou\/landbounuus\/groei-in-granaatproduksie-vanjaar-verwag\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow sponsored\">https:\/\/maroelamedia.co.za\/landbou\/landbounuus\/groei-in-granaatproduksie-vanjaar-verwag\/<\/a><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Groei in granaatproduksie vanjaar verwag Die granaat-plukseisoen begin vandeesweek in Suid-Afrika, met kwekers wat die Angel Red-variant in die noorde van die land sal begin pluk. Boere sal die Angel Red-variant nou begin pluk. (Foto: Sapex) Die organisasie Sapex s\u00ea slegs beperkte volumes van di\u00e9 kultivar sal beskikbaar wees en dit gaan ook die eerste [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5770,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[21],"tags":[178],"class_list":["post-5769","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gewasse","tag-gewasse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5769","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5769"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5769\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5770"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5769"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5769"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5769"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}