{"id":5774,"date":"2024-01-25T17:52:35","date_gmt":"2024-01-25T15:52:35","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5774"},"modified":"2024-05-02T18:00:48","modified_gmt":"2024-05-02T16:00:48","slug":"algemene-vra-oor-varkvleis-beantwoord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/small-stock\/algemene-vra-oor-varkvleis-beantwoord\/","title":{"rendered":"Algemene vra oor varkvleis beantwoord"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h2>5 vrae oor VARKVLEIS beantwoord<\/h2>\n<p>Varke is een van die vroegste diere wat as vee aangehou is \u2013 so vroeg as 8 500 vC. Mettertyd het varkvleis \u2019n bekende bron van prote\u00efen w\u00eareldwyd geword.<\/p>\n<p>Daar is wel talle mites rondom di\u00e9 vleissoort. Hier is antwoorde op idees wat baie mense oor varkvleis het:<\/p>\n<h2>Varkvleis is nie deel van \u0149 gesonde dieet nie, slegs hoender en vis is<\/h2>\n<p>Varkvleis word gereeld gesien as \u0149 vleis met baie vet, maar dit hang eintlik net af van die snit wat jy eet. Die maerste deel van die vark is filet of lendevleis \u2013 dit bevat ongeveer dieselfde hoeveelheid vet as vellose hoenderborsies. Jy kan ook varkvleis \u201cmaerder\u201d maak deur eenvoudig die oortollige vet af te sny. Dit is ook iets wat jou slagter maklik vir jou kan doen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Varkvleis bevat parasiete wat jou sal siek maak<\/h2>\n<p>Terwyl dit nie onmoontlik is nie, het die gereeldheid van siektes sterk afgeneem oor die laaste paar dekades aangesien boerderye en vleisverwerking deesdae aan ho\u00ebr higi\u00ebniese standaarde voldoen. Bowendien kan jy verseker dat jou vleis veilig is deur dit by \u0149 betroubare slaghuis te koop en dit behoorlik gaar te maak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Moet vark baie warm gaargemaak word om veilig te wees vir inname?<\/h2>\n<p>Die minimum voorgestelde temperatuur om varkvleis gaar te maak is 63\u00b0C, en maalvleis moet by minstens 72\u00b0C gaargemaak word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Varke is vuil en onhigi\u00ebnies<\/h2>\n<p>Soos met enige vee hang die higi\u00ebne van die dier grootliks af van die plek waar hulle aangehou word. Varke is nie vuiler as meeste ander diere nie.<\/p>\n<p>Aangesien hulle velle nie sweetgaatjies het nie, rol hulle in modder om af te koel of om hulself teen vlie\u00eb, parasiete of sonbrand te beskerm. Solank as wat varke in \u0149 plek gehou word waar hulle genoeg skaduwee het, is hulle eintlik van nature skoon.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Varkvleis is nie gewild nie<\/h2>\n<p>Hoewel hoender en bees koning kraai by die braai, is varkvleis eintlik w\u00eareldwyd baie gewild. W\u00eareldwyd verbruik mense 36% varkvleis, 33% hoender, 24% bees en 5% skaap of bok.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Source: <a href=\"https:\/\/maroelamedia.co.za\/kos\/vleis-en-seekos\/5-vrae-oor-varkvleis-beantwoord\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow sponsored\">https:\/\/maroelamedia.co.za\/kos\/vleis-en-seekos\/5-vrae-oor-varkvleis-beantwoord\/<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>5 vrae oor VARKVLEIS beantwoord Varke is een van die vroegste diere wat as vee aangehou is \u2013 so vroeg as 8 500 vC. Mettertyd het varkvleis \u2019n bekende bron van prote\u00efen w\u00eareldwyd geword. Daar is wel talle mites rondom di\u00e9 vleissoort. Hier is antwoorde op idees wat baie mense oor varkvleis het: Varkvleis is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5775,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[66],"tags":[255,228],"class_list":["post-5774","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kleinvee","tag-kleinvee","tag-pig"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5774","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5774"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5774\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5775"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5774"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5774"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5774"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}