{"id":5812,"date":"2024-02-25T21:49:17","date_gmt":"2024-02-25T19:49:17","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5812"},"modified":"2024-06-06T21:53:36","modified_gmt":"2024-06-06T19:53:36","slug":"wat-is-die-duursame-dunwand-by-saadboere","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/crops\/wat-is-die-duursame-dunwand-by-saadboere\/","title":{"rendered":"Wat is die duursame dunwand by saadboere?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h2>Duursame dunwand dien Klein Karoo saadboere<\/h2>\n<p>Drupbesproeiing en saadproduksie het reeds \u2018n lang saamloop-geskiedenis. Histories is drukgekompenseerde dikwanddrup gebruik om aan te pas by die feit dat uiesaad, byvoorbeeld, elke jaar geskuif moet word en dat alle lande nie topografies dieselfde lyk nie. Daar is in die vroe\u00eb 2000s tipies gebruik gemaak van 3.5 liter per uur druppers wat 60 cm uitmekaar gespasieer is op die druplyn. Die tipiese vloeitempo het later afgekom na 2.3 liter per uur.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Soos die bedryf drupbesproeiing, die grondtipes en die gewasse leer ken het, is besef dat nader drupperspasi\u00ebrings besproeiing baie meer effektief kan maak met minder oorbesproeiing en loging van voedingstowwe. Die tradisionele tipe drup was te duur om nader spasi\u00ebrings te regverdig. Die gebruik van langtermyndrup saam met baie swak watergehalte veroorsaak ook kopsere as gevolg van druppers wat oor die langtermyn verstop. Ook is die oprol, beweeg, her-afrol en stoor van dikwanddrup baie arbeidsintensief en dikwels \u0149 groot uitdaging.<\/p>\n<p>Verskeie rolspelers, waarvan Netafim een was, het in samewerking met produsente met proewe begin in saadproduksiegebiede om ondersoek in te stel na die gebruik van \u0149 nie-drukgekompenseerde drupper, dunner wand druplyne, laer lewering en nader spasi\u00ebrings. Die oefening was hoogs suksesvol en dit was die begin van \u0149 skuif in die saadproduksiebedryf na \u0149 nuwe besproeiingsbenadering.<\/p>\n<p>\u201cOns het ongeveer \u0149 dekade gelede besluit om na dunwanddrup met 30 cm spasi\u00ebrings en ook laer lewering van 1 liter per uur oor te skakel. Die grootste motivering hiervoor was ons strewe na meer uniforme opbrengste,\u201d s\u00ea Louis Zaayman van Zaayman Boerdery naby Calitzdorp. Volgens Zaayman gee di\u00e9 benadering jou baie meer beheer oor kunsmis- en waterlewering. Dit lei natuurlik tot beter uniformiteit en ho\u00ebr opbrengste.<\/p>\n<p>Zaayman s\u00ea die bedryf het die afgelope 10 jaar groot vordering gemaak. \u201cEk dink 10 jaar terug sou die manne vir jou gelag het as jy van vandag se opbrengste gepraat het. Baie ho\u00ebr opbrengste is wel nou \u0149 realiteit. Dit is te danke aan die verbetering van verskeie bestuurspraktyke wat te doen het met kunsmis, bestuiwing, waterbestuur en meer. Die skuif na laer lewering druppers en nader spasi\u00ebring was beslis een van die faktore wat \u0149 groot rol gespeel het.\u201d<\/p>\n<p>John Fullard van Farm Acres 4 boerdery naby Barrydale gebruik vir die afgelope 8 tot 10 jaar reeds dunwanddrup met 1 liter per uur vloei en 30 cm spasi\u00ebring. Hy s\u00ea dat jou opbrengs net so goed is soos jou plantestand en besproeiing. \u201cBesproeiing is \u0149 massiewe deel van jou sukses so ek moet druplyne insit wat die taak reg kan doen. Dit is jaarliks \u0149 groot belegging maar as ek weet die drup en my besproeiingsbenadering is reg, dan is die belegging die moeite werd.\u201d<\/p>\n<p>Fullard beklemtoon dat die beheer wat di\u00e9 besproeiingsbenadering moontlik maak, jou toelaat om die wortelsone optimaal te bestuur. \u201cDit is veral belangrik omdat ons met swak gehalte water werk. Die wortelsone moet vir soute geloog word en daarom is die doel om die wortelsone voortdurend nat te hou sodat soute uitgestoot word tot aan die buitekant van die wortelsone.<\/p>\n<p>\u201cDie belangrikste is dat ek die regte besproeiingstoerusting het wat die werk kan doen, maar waarop ek ook kan staat maak om dit regdeur die seisoen te doen.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Dik en dun<\/h2>\n<p>Die nadele van langtermyn dikwanddrup sluit \u0149 arbeidsintensiewe afrol en oprol proses in asook die feit dat druppers oor die langtermyn verstop en dit uniforme lewering affekteer.<\/p>\n<p>\u201cMy watergehalte is eenvoudig so swak dat ek nie langtermyndrup kan gebruik nie. Dit maak baie meer sin om dunwanddrip te gebruik wat ek boonop met baie groter gemak kan uitrol en weer uit die veld haal. Die volgende seisoen gebruik ek dan weer nuwe druplyne. Nie net klop die som beter nie, maar dit pas ook beter by die aard van my boerdery.\u201d<\/p>\n<p>Zaayman voeg by dat dunwanddrup-rolle net soveel makliker is om te hanteer. \u201cEk kan maklik \u0149 klomp rolle op \u0149 bakkie laai en na die manne in die veld neem. Hulle het staanders waarop die rolle gaan en draf vinnig daarmee deur die land om die drup af te rol. Ons hoef ook nie, soos met die dikwanddrup, dele te las nie, dit maak die risiko vir nie-uniforme besproeiing baie laer. Met die dunner wand is die risiko vir skade tydens die afrolproses egter weer hoog, maar indien jy in gehalte drup bel\u00ea wat gehard is teen die tipe skade, kan daardie uitdaging ook oorkom word.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk het lank dikwanddrup vir besproeiing van saadproduksie gebruik,\u201d s\u00ea Andre Fourie van JLA Boerdery naby Calitzdorp. \u201cMet die droogte het die watergehalte egter so swak geraak dat dit vir my baie meer sin begin maak het om na enkelgebruikdrup oor te slaan waar ek elke seisoen met nuwe druppers kan begin waarvan die lewerings akkuraat is.\u201d Buitendien, voeg hy by, spaar hy ook tyd en arbeid omdat die installasie en uithaalproses soveel makliker is.<\/p>\n<p>Alle voordele kom gewoonlik met nadele, en in die geval van dunwanddrup is die ophoop van gebruikte drup op die plaas en die ho\u00eb tempo van plastiekgebruik beslis \u0149 nadeel. \u201cVir ons is die grootstte uitdaging met dunwand die groot hoeveelhede afvaldrup wat dit veroorsaak. Dit is belangrik dat daar \u0149 herwinningsoplossing moet wees. Gelukkig werk Netafim saam met ons om so \u0149 oplossing te vind en die maatskappy het reeds in ons gebied met die nodige beta-toetse vir \u0149 herwinningsoplossing begin. Ek sien dit as \u0149 voordeel as herwinde pyp weer in pyp gebruik kan word, soos wat Netafim reeds in ander lande te werk gaan. Ek sal bereid wees om meer te betaal, as ek weet daar is \u0149 herwinningsoplossing nadat ek die pyp gebruik het, \u201d s\u00ea Zaayman.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Plaaslike druplynproduksie<\/h2>\n<p>Netafim Suid-Afrika het aan die begin van 2023 die eerste plaaslik geproduseerde rol van die staatmaker dunwanddruplyn, Streamline\u2122 X, gelewer. Streamline\u2122 X is \u0149 uiters duursame dunwanddruplyn en is reeds \u0149 geruime tyd beskikbaar op die mark. Met die begin van plaaslike produksie kon die druplyn egter teen meer kompeterende pryse aangebied word en het dit vir verskeie Klein Karoo saadboere die geleentheid gegee om di\u00e9 druplyn vir die eerste keer op hulle uie- en wortelsaadvelde in te span.<\/p>\n<p>\u201cOns het die besluit geneem om al ons saadproduksie se besproeiing op een slag oor te skakel na Streamline\u2122 X,\u201d s\u00ea Zaayman. \u201cHieroor is ons beslis nie spyt nie, ons eerste ervaring van die produk is baie positief en ons sal beslis nou daarby bly.\u201d<\/p>\n<p>Zaayman vertel dat hulle hierdie seisoen nie \u0149 enkele verstopping gehad het nie, vergeleke met vorige jare waar verstoppings volop was. \u201c Dit is vir my die heel belangrikste faktor omdat dit uniforme lewering en dus uniforme opbrengs be\u00efnvloed.\u201d<\/p>\n<p>Fullard voeg by dat barste en lekkasies by hom ook baie minder was as in vorige jare. \u201cAl die ander dunwandprodukte, het maar \u0149 ent in die seisoen in begin bars. Di\u00e9 jaar was daar opvallend minder barste en moes ons aansienlik minder lassies insit.\u201d<\/p>\n<p>Fourie s\u00ea dat lekkasies wat as gevolg van installasie en algemene hantering van die pyp gewoonlik voorkom, ook baie minder was as vorige jare. \u201cBuiten die plekke waar die enkele muis die pyp beetgekry het, het ek glad nie lekkasies gehad nie. Na die eerste seisoen kan ek beslis bevestig dat dit die beste produk is van die dunwandprodukte wat ek al gebruik het.\u201d Fourie s\u00ea hy het die produk gekies omdat dit op papier ho\u00ebr druk kan hanteer. \u201cDaar is nou bewys dat dit ook in die praktyk die geval is.\u201d<\/p>\n<p>Fullard sluit af dat die grootste voordeel van die gebruik van \u0149 Netafim produk die ondersteuning in die veld is. \u201cDaar is verskeie ander produkte in die mark wat ek al probeer het, maar met nog geen van die produkte het ek so \u0149 vlak van ondersteuning na installasie gehad nie. Ons het ook nie een keer die seisoen vir voorraad gewag nie. Ek moet die foon kan optel en die handelaar of verskaffer se kundige kan bel as daar \u0149 probleem is en hulle moet my kan help om die probleem uit te sorteer. Met Netafim en sy handelaars is dit beslis die geval. Dit is \u0149 baie groot voordeel.\u201d<\/p>\n<p>Bron: <a href=\"https:\/\/www.netafim.co.za\/blog\/duursame-dunwand-dien-klein-karoo-saadboere\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow sponsored\">https:\/\/www.netafim.co.za\/blog\/duursame-dunwand-dien-klein-karoo-saadboere\/\u00a0<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Duursame dunwand dien Klein Karoo saadboere Drupbesproeiing en saadproduksie het reeds \u2018n lang saamloop-geskiedenis. Histories is drukgekompenseerde dikwanddrup gebruik om aan te pas by die feit dat uiesaad, byvoorbeeld, elke jaar geskuif moet word en dat alle lande nie topografies dieselfde lyk nie. Daar is in die vroe\u00eb 2000s tipies gebruik gemaak van 3.5 liter [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5807,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[21],"tags":[178,180],"class_list":["post-5812","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gewasse","tag-gewasse","tag-water"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5812","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5812"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5812\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5807"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5812"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5812"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5812"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}