{"id":5817,"date":"2024-02-25T22:09:20","date_gmt":"2024-02-25T20:09:20","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5817"},"modified":"2024-06-06T22:17:19","modified_gmt":"2024-06-06T20:17:19","slug":"watse-regulasies-moet-dameienaars-navolg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/security\/watse-regulasies-moet-dameienaars-navolg\/","title":{"rendered":"Watse regulasies moet dameienaars navolg?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h2>Nie-nakoming van regulasies kan dameienaars duur te staan kom<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die Departement van Water en Sanitasie (DWS) rig \u2019n versoek aan die publiek om die departement se damveiligheidskantoor te nader vir leiding oor aansoekvereistes vir lisensies om nuwe damme te bou of wanneer hulle \u2019n dam wil verander of vergroot.<\/p>\n<p>Volgens die DWS se woordvoerder, Sputnik Ratau, sal die Blou Skerpioen-eenheid voortgaan om nakoming van regulasies op dameienaars af te dwing wat die wet oortree, aangesien dit \u2019n kriminele oortreding is om \u2019n dam te bou sonder om die vereiste lisensie te bekom. Daar is drie wetlike vereistes waaraan voldoen moet word voordat \u2019n persoon \u2019n dam kan bou, verander of herstel. Daar moet bepaal word of die dam veilig is, of die reg bestaan om die water in so \u2019n dam te mag gebruik en wat die impak op die omgewing sal wees.<\/p>\n<p>Hierdie versoek van die DWS kom na aanleiding van \u0149 onlangse uitspraak wat deur die Watertribunaal van Suid-Afrika gelewer is. Die uitspraak handel oor \u2019n aansoek deur die Corona Farm Trust om verlof tot app\u00e8l, met die oog op die verkryging van \u2019n beslissing om met die bou van \u2019n onwettige dam op die plaas Bergview in die Winterton-distrik, KwaZulu-Natal, voort te gaan. Die aansoek is egter van die hand gewys.<\/p>\n<p>Volledige inligting in hierdie verband kan verkry word by damsafety@dws.gov.za of besoek <a href=\"https:\/\/www.dws.gov.za\/DSO\/Default.aspx\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow sponsored\">https:\/\/www.dws.gov.za\/DSO\/Default.aspx<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.scenario.co.za\/af-ZA\/News\/Article\/View\/nie-nakoming-van-regulasies-kan-dameienaars-duur-te-staan-kom\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow sponsored\">https:\/\/www.scenario.co.za\/af-ZA\/News\/Article\/View\/nie-nakoming-van-regulasies-kan-dameienaars-duur-te-staan-kom<\/a><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nie-nakoming van regulasies kan dameienaars duur te staan kom &nbsp; Die Departement van Water en Sanitasie (DWS) rig \u2019n versoek aan die publiek om die departement se damveiligheidskantoor te nader vir leiding oor aansoekvereistes vir lisensies om nuwe damme te bou of wanneer hulle \u2019n dam wil verander of vergroot. Volgens die DWS se woordvoerder, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5818,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[78],"tags":[180],"class_list":["post-5817","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sekuriteit","tag-water"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5817","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5817"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5817\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5818"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5817"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5817"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5817"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}