{"id":5826,"date":"2024-02-25T22:33:20","date_gmt":"2024-02-25T20:33:20","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5826"},"modified":"2024-06-06T22:35:55","modified_gmt":"2024-06-06T20:35:55","slug":"hoeveel-varkpes-vrektes-is-in-george-aangemeld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/plague-and-disease-2\/hoeveel-varkpes-vrektes-is-in-george-aangemeld\/","title":{"rendered":"Hoeveel varkpes-vrektes is in George aangemeld?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h2>Vrektes aangemeld n\u00e1 varkpes-uitbreking by George<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Minstens 45 varkvrektes is reeds in die George-omgewing in die Wes-Kaap aangemeld n\u00e1 \u2019n nuwe uitbreking van Afrika-varkpes in die distrik. Die uitbreking is verlede week onder kleinboere aan die buitewyke van Groeneweidepark aangemeld.<\/strong><\/p>\n<p>Dit is die vierde uitbreking van varkpes in die Tuinroetegebied sedert 2022. Vantevore is uitbrekings ook in KwaNonqaba en Mosselbaai aangemeld. Albei is opgelos. \u0149 Uitbreking in Thembalethu in 2022 bly egter steeds \u0149 bron van kommer, s\u00ea die Wes-Kaapse departement van landbou.<\/p>\n<p>Sowat 250 varke is steeds in die geraakte gebied.<\/p>\n<p>\u201cDie gebied is onder kwarantyn geplaas en inwoners word gevra om geen varke of varkprodukte uit die gebied te neem nie om die verdere verspreiding van die siekte te verhoed.\u201d<\/p>\n<p>Daar is in hierdie stadium geen entstof of behandeling vir Afrika-varkpes nie, met goeie bioveiligheidsmaatre\u00ebls wat as die beste manier bestempel word om die varkbedryf te beskerm.<\/p>\n<h2>Verskeie maatre\u00ebls kan die verspreiding van die siekte help beperk. Dit sluit in:<\/h2>\n<ul>\n<li>die veilige verwydering van karkasse<\/li>\n<li>die beperking van varke se beweging sodat hulle nie die siekte kan opdoen en verder versprei nie<\/li>\n<li>die sanitering van hande, skoene, klere en toerusting voor en n\u00e1 kontak met \u0149 vark<\/li>\n<li>die behoorlike gaarmaak van vleis voor dit aan varke gevoer word<\/li>\n<li>bevestiging dat varke gekoop is van kuddes wat vry is van Afrika-varkpes<\/li>\n<\/ul>\n<p>Afrika-varkpes is spesifiek aan varke en raak geen ander dierespesies of mense nie.<\/p>\n<p>\u201cVarke wat by abattoirs geslag word, het die nodige vleisinspeksies ondergaan. Varkvleisprodukte in supermarkte is ook veilig vir menslike verbruik.\u201d<\/p>\n<p>Die departement het \u0149 beroep op varkeienaars gedoen om bioveiligheidsmaatre\u00ebls te verskerp om hul kuddes teen die siekte te beskerm en die naaste kantoor van die staatsveearts te kontak sou hulle enige kommer h\u00ea.<\/p>\n<h2>Christel Cornelissen<\/h2>\n<p>Bron: <a href=\"https:\/\/maroelamedia.co.za\/landbou\/landbounuus\/vrektes-aangemeld-na-varkpes-uitbreking-by-george\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow sponsored\">https:\/\/maroelamedia.co.za\/landbou\/landbounuus\/vrektes-aangemeld-na-varkpes-uitbreking-by-george\/<\/a><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vrektes aangemeld n\u00e1 varkpes-uitbreking by George &nbsp; Minstens 45 varkvrektes is reeds in die George-omgewing in die Wes-Kaap aangemeld n\u00e1 \u2019n nuwe uitbreking van Afrika-varkpes in die distrik. Die uitbreking is verlede week onder kleinboere aan die buitewyke van Groeneweidepark aangemeld. Dit is die vierde uitbreking van varkpes in die Tuinroetegebied sedert 2022. Vantevore is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5775,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[74],"tags":[153,167],"class_list":["post-5826","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-pes-en-siekte","tag-peste-en-siekte","tag-varkboerdery"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5826","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5826"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5826\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5775"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5826"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5826"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5826"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}