{"id":5828,"date":"2024-03-25T19:56:36","date_gmt":"2024-03-25T17:56:36","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5828"},"modified":"2024-06-12T20:04:20","modified_gmt":"2024-06-12T18:04:20","slug":"wat-van-karoo-verlammingsbosluis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/plague-and-disease-2\/wat-van-karoo-verlammingsbosluis\/","title":{"rendered":"Wat van Karoo-verlammingsbosluis?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h2>Bosluisverlamming veroorsaak deur Karoo-verlammingsbosluis<\/h2>\n<p>Bosluisverlamming is \u2018n toestand wat veroorsaak word deur verskeie bosluise en sluit die karoo-verlammingsbosluis (Ixodes rubicundes), die rooi-pootbosluis (Riphicephalus evertsi evertsi) en die bruin verlammingsbosluis (Riphicephalus warburtoni) in. Bosluisverlamming wat veroorsaak word deur die karoo-verlammingsbosluis kom meer algemeen voor in Suid Afrika.<\/p>\n<p>Die karoo-verlamminsgbosluis is \u2018n meergasheerbosluis met \u2018n spesifieke verspreiding in Suid-Afrika. Karoo-verlamminsgbosluise word in gebiede van die Karoo, die suidelike en westelike kusstreke, klein gedeeltes van Gauteng en Mpumalanga en die suidelike Vrystaat aangetref.<\/p>\n<p>Die bosluise verkies koeler suidelike hange van bergagtige terrein. Sekere plantspesies insluitend olienhoutbome (Olea Africana), besembos (Rhus erosa) en suurpolgras (Merxmeullera distichia) word geassosieer met die voorkeurterrein waar hierdie bosluise voorkom. Die natuurlike gasheer vir die volwasse bosluise is rooikatte en hulle word ook op rooi ribbokke aangetref. Die onvolwasse stadiums verkies klaasneuse, rooi klipkonyne sowel as rooikatte as gashere. Die volwasse stadiums sal ook maklik skape sowel as bokke, kalwers en bokke besmet.<\/p>\n<p>Die volwasse bosluise is die aktiefste tussen<br \/>\nherfs\u00a0en lente. Meeste gevalle van bosluisverlamming kom tussen April en Mei voor wanneer temperature laag is, en die toestande effens klam is.<\/p>\n<p>Die bosluise heg verkieslik aan die onderlyf en die ledemate van skape. Die wyfiebosluise produseer \u2018n gifstof wat tot verlamming van die ledemate lei, en indien dit onbehandel bly kan diere vrek weens verlamming van die asemhalingssisteem en asemnood. Die effek van die gifstof is dosis-afhanklik, en dus word kleiner of jonger diere meestal die ergste aangetas.<\/p>\n<p>Daar is geen spesifieke behandeling behalwe die verwydering van die bosluise met \u2018n dipmiddel en simptomatiese behandeling (hidrasie met vloeistowwe en elektroliete).<\/p>\n<p>Bosluisbehandeling met dipmiddels en weidingbestuur is die sleutel om hierdie toestand te voorkom. Strategiese bosluisbehandeling met dipmiddels gedurende die herfs tot lenteperiodes wanneer die karoo-verlamminsgbosluise die aktiefste is, moet uitgevoer word. Die areas op die liggaam waar hierdie bosluise verkies om te heg moet spesifiek geteiken word. Jong diere moet veral strategies behandel word om bosluisbesmetting te voorkom.<\/p>\n<p>Suidelike hange moet gedurende laat herfs tot vroe\u00eb lenteperiodes vermy word om die kans op kontak met hierdie bosluise te verminder.<\/p>\n<p>Identifisering van simptome van verlamming en behandeling om die bosluise van die aangetaste dier te verwyder, moet so gou moontlik uitgevoer word om enige onnodige vrektes, veral by jong diere, te voorkom.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><strong>Verwysings:<\/strong><\/h2>\n<p><strong>WALKER, A.R., BOUATTOUR, A., CAMICAS, J.L., ESTRADA-PENA, A., HORAK, I.G., LATIF, A.A., PEGRAM, R.G. &amp; PRESTON, P.M. 2014. Chapter 3: genera of Ticks. In: <\/strong><em>Ticks <\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Bosluisverlamming veroorsaak deur Karoo-verlammingsbosluis Bosluisverlamming is \u2018n toestand wat veroorsaak word deur verskeie bosluise en sluit die karoo-verlammingsbosluis (Ixodes rubicundes), die rooi-pootbosluis (Riphicephalus evertsi evertsi) en die bruin verlammingsbosluis (Riphicephalus warburtoni) in. Bosluisverlamming wat veroorsaak word deur die karoo-verlammingsbosluis kom meer algemeen voor in Suid Afrika. Die karoo-verlamminsgbosluis is \u2018n meergasheerbosluis met \u2018n spesifieke verspreiding [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5785,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[74],"tags":[256,255,153],"class_list":["post-5828","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-pes-en-siekte","tag-grootvee","tag-kleinvee","tag-peste-en-siekte"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5828","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5828"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5828\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5785"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5828"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5828"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5828"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}