{"id":5830,"date":"2024-03-25T20:05:50","date_gmt":"2024-03-25T18:05:50","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5830"},"modified":"2024-06-12T20:15:58","modified_gmt":"2024-06-12T18:15:58","slug":"dis-mos-goedkoper-mielies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/crops\/dis-mos-goedkoper-mielies\/","title":{"rendered":"Dis mos (goedkoper) mielies?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h2>Dis mos (goedkoper) mielies<\/h2>\n<p>Dr. Gawie du Toit, (Foto: Du Preez de Villiers)<\/p>\n<p>Vir enige land is selfvoorsiening van bekostigbare ho\u00eb kwaliteit voedsel vir voortbestaan van kardinale belang. Vir Suid-Afrika is die mieliebedryf die hoekpilaar vir die volhoubare voorsiening van hierdie voedsel aan die bevolking. Dus rus voedselsekerheid gevolglik vierkantig op die skouers van die mielie!<\/p>\n<p>In di\u00e9 verband moet \u0149 mens in gedagte hou dat die mielie regstreeks verantwoordelik is vir die energiebehoefte van die mens en onregstreeks die prote\u00efenbehoefte deur middel van die veebedryf. Daarbenewens word die nodige vitamiene deur groente en vrugte gelewer.<\/p>\n<p>Gesien teen die agtergrond van \u0149 grootskaalse gesprek deur verskeie persone w\u00eareldwyd oor probleme met voedselvoorsiening aan agt miljard mense, die miljoene wat reeds honger ly (veral in Afrika), verdere verswarende omstandighede met oorlog in Midde-Ooste, die Suezkanaal wat blokkeer word, is dit absoluut gebiedend noodsaaklik dat Suid-Afrika \u0149 finansieel gesonde mieliebedryf moet h\u00ea \u2013 wat grootliks finansieel onafhanklik moet kan produseer.<\/p>\n<p>Nou is dit egter hier waar die \u201ckinkel in die kabel\u201d kom \u2013 mielieboere se skuldlas is te groot, en dit hoef nie so te wees nie. Volgens Statistiek Suid-Afrika en waarnemers beloop skuld vir die mieliebedryf skrikwekkende miljarde rande.<\/p>\n<p>Die besliste vraag is dan: Waaraan kan hierdie skuld toegeskryf word, wat het aanleiding daartoe gegee? Vele antwoorde kan waarskynlik aangehaal word en selfs tegnologie en innovasie kon nie verhoed dat produksiekoste toeneem nie. Die werklikheid is dat koste hand uitruk en te hoog is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Die verkeerde probleem<\/h2>\n<p>Die prysstruktuur word egter deurgaans as hoofoorsaak uitgesonder, veral die pryse van insetprodukte wat buitensporig toeneem. Kunsmispryse word veral as voorbeeld genoem, aangesien dit die grootste koste-item vir die mielieboer is.<\/p>\n<p>Daarenteen word geen oorweging daaraan geskenk dat fisiese produksiemiddele wat toegedien word, moontlik heeltemal te veel kan wees nie. Is die vraag al ooit gevra of daar byvoorbeeld nie te veel kunsmis in die verlede toegedien is en so ook \u201cander\u201d insette nie?<\/p>\n<p>Sal die vermindering van veral oormaat NPK-inset nie \u0149 heelwat groter bydrae tot verminderde produksiekoste lewer as die prysverhoging daarvan nie? Di\u00e9 aangeleentheid van moontlike onnodige oormaat NPK-inset wat produksiekoste van mielies deur die dak jaag, sal nou onder die loep geneem word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Ho\u00eb kunsmisinsette<\/h2>\n<p>\u0149 Duidelike antwoord behoort na vore te kom soos toegelig deur navorsingsresultate in die volgende twee figure. Dit is afkomstig uit \u0149 onlangse proefaksie wat as voorbeeld dien van \u0149 reeks soortgelyke proewe wat onderneem is die afgelope meer as 40 jaar.<\/p>\n<p>Oesresultate vir NPK-behandelings volg nou hiermee in die onderstaande figuur.<\/p>\n<p>Die oestoename word dus geleidelik minder van 2.4-, 0.55- tot 0.19 t\/ha. Dus vind geen reglynige toename plaas nie, maar wel \u0149 geleidelike afname. Die werklike betekenis van hierdie oeste se kleinerwordende toename sal eers waarde kry wanneer misstofkoste afgetrek word van die bruto-inkomste van elk, om \u201cwins\u201d bo misstofinset te lewer.<\/p>\n<p>Nou bepaal \u0149 baie bekende natuur- en ekonomiese wet van dalende-meer-opbrengs, dat geen maksimum oes ooit die beste wins kan lewer nie. Die betekenis van genoemde wet sal nou beskou word, soos toegelig deur die waardes van \u201cwins\u201d vir die onderskei oeste te vergelyk:<\/p>\n<p>Volgens bostaande figuur is dit duidelik dat die maksimum oes van 9,14 t\/ha nie die prestasie kon herhaal om ook maksimum wins te lewer nie. Vergelyk dan R22 877\/ha wins met die kleiner oes van 8,95 t\/ha se groter wins van R23 454\/ha. Die maksimum oes (9,14 t\/ha) het inderdaad dan met R482\/ha swakker presteer as die kleiner oes (8,95 t\/ha) \u2013 en dit tenspyte van R1 147\/ha groter spandering teenoor die kleiner oes se laer NPK-koste.<\/p>\n<p>Daar moet dus ernstig gewaak word teen die sindroom van spandering van R1 om slegs 90 sent te maak, wat beslis nie goeie besigheid is nie.<\/p>\n<p>Onthou altoos dat risiko met onvoorspelbare klimaat nie uit die oog verloor moet word met ekstra spandering om groot oeste te jaag wat nie winsgewend is nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Die antwoord dan?<\/h2>\n<p>Dat daar dus \u0149 groot skroef los is met bemesting van mielies, bestaan geen twyfel nie. NPK-aanbevelings met gevolglike buitensporige misstofaanwending is ernstig uit koers uit.<\/p>\n<p>Dit is nou baie duidelik dat al manier om uit hierdie skuldknyptang te kom, is om koste te verminder (veral NPK), ook minder te spandeer en veral nie maksimum oeste te jaag nie. Dit gaan dus oor geld in die sak (maksimum wins) en nie die opbrengs-beker vir maksimum oes in die mielieklub nie!<\/p>\n<p>Mielieboere sal uiters oordeelkundig te werk moet gaan met die keuse van die regte hoeveelheid misstoftoediening vir winsgewende produksie. Hulle sal veral daarop bedag moet wees dat bemestingsadviseurs hulle onnodig kunsmis laat toedien, wat nie \u0149 positiewe finansi\u00eble resultaat lewer nie \u2013 kies die regte adviseur.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>\u2018n Suksesverhaal<\/h2>\n<p>\u0149 Voorbeeld van een van \u0149 aantal produsente wat reeds \u0149 nugter bemestingsbenadering volg om maksimum wins te behaal en nie maksimum oes na te jaag nie, is Sjaak van der Smit van Cullinan.<\/p>\n<p>Sjaak van der Smit van Cullinan (Foto: Verskaf)<\/p>\n<p>Hierdie foto is van Sjaak by groenmielies wat vir die sesde oes slegs stikstof ontvang het (plant en bobemesting van N). Grondwaardes van pH, P en K is gunstig en word deur middel van grondontleding dopgehou om deurgaans voldoende te wees.<\/p>\n<p>Vir die groter mieliebedryf is grond-P-waardes in die verlede hoofsaaklik (met geringe uitsonderings) opgebou na ho\u00eb vlakke, sodat dit boere kan loon om ruimskoots daarvan gebruik te maak, tesame met K-syfers wat soortgelyk goed voorsien is. So ook kan mielies op die vorige jaar se sojalande, eweneens met aansienlik minder N klaarkom, afgesien van geen P en K nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>\u2018n Volhoubare mieliebedryf<\/h2>\n<p>Tenslotte moet beklemtoon word dat weens die w\u00eareld-voedselprobleem, dit absoluut noodsaaklik is dat Suid-Afrika verseker moet wees van \u0149 stewige en volhoubare mieliebedryf wat finansieel kerngesond moet wees om met die w\u00eareldmark mee te ding.<\/p>\n<p>Dit beteken mielies sal winsgewend en goedkoper produseer moet word vir volhoubaarheid en voedselsekerheid. En dit kan alleen plaasvind met verstandig verminderde produksie-insette, gebaseer op navorsing, veral met NPK-proewe.<\/p>\n<p>Indien produsente genoemde benadering nougeset toepas om mielies winsgewend te produseer, kan \u0149 \u201cnuwe dagbreek\u201d op die horison verskyn wat van kardinale belang is vir ekonomies volhoubare voedselproduksie.<\/p>\n<p>Vanuit voorgaande proefresultate en bespreking, is dit onteenseglik duidelik dat daar geld in mielieproduksie is en kan dit wel winsgewend en volhoubaar produseer word.<\/p>\n<p>Dr. Gawie du Toit is \u2018n grondkundige.<\/p>\n<p>Bron: <a href=\"https:\/\/maroelamedia.co.za\/debat\/meningsvormers\/dis-mos-goedkoper-mielies\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow sponsored\">https:\/\/maroelamedia.co.za\/debat\/meningsvormers\/dis-mos-goedkoper-mielies\/<\/a><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis mos (goedkoper) mielies Dr. Gawie du Toit, (Foto: Du Preez de Villiers) Vir enige land is selfvoorsiening van bekostigbare ho\u00eb kwaliteit voedsel vir voortbestaan van kardinale belang. Vir Suid-Afrika is die mieliebedryf die hoekpilaar vir die volhoubare voorsiening van hierdie voedsel aan die bevolking. Dus rus voedselsekerheid gevolglik vierkantig op die skouers van die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5706,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[21],"tags":[178,163],"class_list":["post-5830","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gewasse","tag-gewasse","tag-landbou"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5830","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5830"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5830\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5706"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5830"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5830"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5830"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}