{"id":5858,"date":"2022-04-25T17:18:09","date_gmt":"2022-04-25T15:18:09","guid":{"rendered":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/?p=5858"},"modified":"2024-06-27T17:28:58","modified_gmt":"2024-06-27T15:28:58","slug":"wat-is-die-algemene-siektes-en-behandeling-vir-beeste-in-somer-herfs","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/article\/plague-and-disease-2\/wat-is-die-algemene-siektes-en-behandeling-vir-beeste-in-somer-herfs\/","title":{"rendered":"Wat is die algemene siektes en behandeling vir beeste in Somer\/Herfs?"},"content":{"rendered":"<div id=\"bsf_rt_marker\"><\/div><h2>Algemene siektes en behandeling by beeste in Somer\/Herfs<\/h2>\n<p><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/affieplaas.fotografie.5\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer nofollow sponsored\"><strong>Zanmari Crous<\/strong><\/a><\/p>\n<p><strong>Goeie somer re\u00ebn het geval, die veld lyk mooi en die diere is rond en gesond. Daar is tog heelwat siektes wat voorkom onder die beeste. Volg die reeks artikels waar daar na elke seisoen gekyk gaan word en op watter siektes aandag geskenk kan word.<\/strong><\/p>\n<p><strong>Insek oordraagbare siektes <\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Drie dae stywe siek<\/h2>\n<p><strong>Simptome<\/strong><\/p>\n<p>Die virus word deur bytende insekte oorgedra. Alle ouderdomme diere is ewe vatbaar, maar swaar bulle en koeie wys die duidelikste simptome. Diere l\u00ea baie, bewe as hulle staan en loop met stywe ledemate. Dikwels is daar helder neusafskeiding en speekselvloei. Die mis is dikwels slymerig en bevat soms bloed. In baie swaar bulle kan die simptome skielik en baie dramaties wees. Asemhaling is vinnig en in uitsonderlike gevalle kan daar sponserige swelsels oor die bors verskyn wat onderskei moet word van sponssiekteletsels. Koeie droog dikwels\u00a0op.<\/p>\n<p><strong>Behandeling<\/strong><\/p>\n<p>Antibiotika en pynstillers en algemene versorging van diere wat l\u00ea.<\/p>\n<p><strong>Voorkoming<\/strong><\/p>\n<p>Ent bulle en melkkoeie jaarliks.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Knopvelsiekte<\/h2>\n<p><strong>Simptome<\/strong><\/p>\n<p>Word vermoedelik deur bytende insekte oorgedra, maar die speeksel van besmette diere is ook aansteeklik en kan met drinkwater oorgedra word. Aanvanklik wys diere speekselvloei, neusafskeiding en mankheid wat nie juis die eienaar opval nie. \u2019n Week later begin opvallende knoppe egter regoor die lyf uitslaan. Die knoppe wissel van 1 to 4 cm in deursnit en kan of vanself verdwyn of die vel sterf af en laat redelike diep sere wat \u2019n geruime tyd neem om te genees. In erge gevalle word moeilike asemhaling ondervind a.g.v. letsels in die lugpyp. Letsels kan ook in die dermkanaal ontstaan.<\/p>\n<p><strong>Behandeling<\/strong><\/p>\n<p>Antibiotika teen sekond\u00eare infeksie van die vel. Indien die dooie vel begin losgaan, moet gewaak word teen maaiers. Diere wat baie moeilik asemhaal staan \u2019n goeie kans om te vrek.<\/p>\n<p><strong>Voorkoming<\/strong><\/p>\n<p>Kalwers kan op 6 maande daarteen ge\u00ebnt word en dan jaarliks daarna.<\/p>\n<p>Slenkdalkoors<\/p>\n<p><strong>Simptome<\/strong><\/p>\n<p>Slenkdalkoors word veroorsaak deur \u2019n virus wat deur muskiete aan beeste en skape oorgedra word. Die siekte kom tipies na goeie re\u00ebnjare voor en veroorsaak dikwels grootskaalse vrektes, veral onder jong diere. Die siekte tas mense ook aan, maar word aan mense oorgedra deur kontak met siek diere of vars karkasse en nie deur muskietbyte nie. In jong diere word akute vrektes waargeneem. Siek diere wys buikpyn, geelsug en soms diarree. \u2019n Baie ho\u00eb koors wat min op koorswerende middels reageer is ook tipies (41-42 grade C). Aborsie is \u2019n verdere komplikasie wat baie algemeen voorkom: die fetusse is gewoonlik in \u2019n gevorderde staat van ontbinding.<\/p>\n<p><strong>Behandeling<\/strong><\/p>\n<p>Omdat ons hier met \u2019n virussiekte te doen het, is daar geen spesifieke behandeling nie. Siek diere moet so min moontlik hanteer word om oordrag na die mens te voorkom. Sorg moet veral gedra word wanneer nadoodse ondersoeke op vars karkasmateriaal gedoen word. Koorswerende middels mag wel help om minder ernstige gevalle vroe\u00ebr aan die vreet te kry.<\/p>\n<p><strong>Voorkoming<\/strong><\/p>\n<p>Daar is drie entstowwe beskikbaar vanaf Onderstepoort Biologiese Produkte. Die lewendige Slenkdalkoorsentstof word normaalweg aan skape toegedien. Aangesien die entstof aborsies mag veroorsaak, word dit nie aan dragtige diere toegedien nie. Die ge\u00efnaktiveerde entstof word gewoonlik in beeste en dragtige skape gebruik. Dit gee egter nie so \u2019n goeie immuunrespons soos die lewendige entstof nie en moet derhalwe jaarliks herhaal word. Met die uitbraak van Maart 2010 is daar egter \u2019n geweldige aanvraag na die ge\u00efnaktiveerde entstof en word al die beskikbare dosisse aangewend in die areas deur die uitbraak geraak. Die nuutste entstof word Clone 13 genoem en is \u2019n lewende entstof wat volgens Onderstepoort veilig is in dragtige diere.<\/p>\n<p>Dit is belangrik om diere weg te hou van panne en vleie om blootstelling aan die muskiete te verhoed. Vliegwerende dipstowwe soos di\u00e9 wat deltametrien en sipermetrien bevat kan gebruik word om muskiete van die diere te weer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><strong>Bosluisoordraagbare Bloedparasiet siektes<\/strong><\/h2>\n<p>Rooiwater (Afrika en Asiaties)<\/p>\n<p><strong>Simptome<\/strong><\/p>\n<p>Bees het \u2019n ho\u00eb koors, rooierige of bruin uriene, bleek\/geel slymvliese, vinnige vlak asemhaling, pap\u00a0 miskoeke dikwels baie geel. Daar is \u2019n tipe rooiwaterorganisme wat senuweesimptome baie soos die van hartwater veroorsaak. Dit word Europese rooiwater genoem en die organismes word dan in rooibloedselle in die brein gesien.<\/p>\n<p>Die siekte word deur die bloubosluis oorgedra.<\/p>\n<p><strong>Behandeling<\/strong><\/p>\n<p>Berenil, Dimisol, Reverin of Forray 65, vit B-kompleks, lewerondersteuningsmiddels.<\/p>\n<p><strong>Voorkoming<\/strong><\/p>\n<p>Diere vanuit areas waar rooiwater nie voorkom nie kan ge\u00ebnt word. Daar moet gewaak word daarteen om diere in gebiede waar die siekte wel voorkom, nie te skoon van bosluise te hou nie. Diere kan hul weerstand binne \u2019n paar maande verloor. Kalwers het \u2019n natuurlike weerstand tot ongeveer ses maande oud en raak meestal immuun in gebiede waar die siekte voorkom, maar in uitsonderlike gevalle kan jong kalwers tog siek word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Galsiek<\/h2>\n<p><strong>Simptome<\/strong><\/p>\n<p>Wisselende koors, bleek\/geel slymvliese, dro\u00eb mis, uriene baie geel. Die bloubosluis dra beide soorte galkoorsorganismes oor.<\/p>\n<p><strong>Behandeling<\/strong><\/p>\n<p>Tetrasikliene (dubbel dosis), Doksisiklien, Forray 65. Lewerondersteuning. Rumenondersteuning<\/p>\n<p><strong>Voorkoming<\/strong><\/p>\n<p>Dieselfde as rooiwater<\/p>\n<p>Bogenoemde is van die mees algemene en belangrikste siektes om van kennis te neem vir die spesifieke tyd van die jaar. Raadpleeg u veearts vir inligting rondom spesifieke siektes in u gebied.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Algemene siektes en behandeling by beeste in Somer\/Herfs Zanmari Crous Goeie somer re\u00ebn het geval, die veld lyk mooi en die diere is rond en gesond. Daar is tog heelwat siektes wat voorkom onder die beeste. Volg die reeks artikels waar daar na elke seisoen gekyk gaan word en op watter siektes aandag geskenk kan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5859,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[74],"tags":[256,153],"class_list":["post-5858","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-pes-en-siekte","tag-grootvee","tag-peste-en-siekte"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5858","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5858"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5858\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5859"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5858"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5858"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.boerhier.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5858"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}