Hoe berei mens ‘n teelram voor?

Hoe berei mens ‘n teelram voor?

Lees tyd
Image Skaap Ram by Affieplaas Fotografie
Image Skaap Ram by Affieplaas Fotografie
BOERhier is ’n Sosiale Media sukses storie! BOERhier het in Junie 2017 begin as ’n elektroniese tydskrif wat praktiese boerdery idees, statistieke en inspirasie oor landbou aan boere versprei. In slegs 4 jaar is die gewildheid van BOERhier oorweldigend en menigte lesers het daarop aangedring vir ’n Engelse weergawe.

Teelram voorbereiding vir paarseisoen

 

Hoe lyk ’n ram wat gereed is vir paarseisoen?

  • Kies ’n aanpasbare en prestasiegetoetste ram
  • Moet in uitstekende kondisie wees (3.5 – 4 KP)
  • Vrugbaar en dekbehendig
  • Hoë libido Topfiks om ooie meermale in hittesiklus te dek
  • Groot skrotumomtrek vir maksimale spermproduksie – verseker hoë besetting en hoë fekunditeit (meerling geboortes)

Hoe bereik ons die bogenoemde uitkomste?

Voeding:

  • Ontwikkeling van spermselle neem ongeveer 2 maande. Proewe toon dat die regte prikkelvoeding vir ’n periode van 2 maande die spermproduksie kan verdubbel.
  • Om testesgroei en spermproduksie te bevorder – ’n voorvereiste vir hoë lampersentasie – moet teelramme ekstra energie en veral ’n hoë vlak van deurvloeiproteïn gevoer word.
  • ’n Hoë deurvloeiproteïnrantsoen het ook ’n hoër en meer intense seksdrang tot gevolg.
  • Begin 2 maande voor paarseisoen prikkelvoeding soos ORV Ramkorrel voorsien. Om goeie kondisie teen paring te kry word 0.5 – 2% van liggaamsmassa voorgestel. Sorg altyd dat ramme voldoende vreetspasie het sodat almal gelyktydig kan vreet (+/-60cm per ram).

Oefening:

Met aanvangs van byvoeding moet geforseerde oefening van ramme begin – laat ramme 30min, 2 keer daagliks vinnig stap – verkieslik 1 tot 2 kilometer per dag.

 

Dosering:

Verbeter saadkwaliteit deur ramme 8 weke voor paarseisoen 2 keer per week met koringkiemolie (+/-25ml/ram) te doseer.

Bron: https://www.orv.co.za/a5/algemene-artikels/teelram-voorbereiding-vir-paarseisoen.html

Share this article

Sluit aan by BOERhier!