Hoe kan ek my avokado’s beskerm?

Hoe kan ek my avokado’s beskerm?

Lees tyd
Image Avocado Fruits on Tree by Antony Trivet
Image Avocado Fruits on Tree by Antony Trivet
BOERhier is ’n Sosiale Media sukses storie! BOERhier het in Junie 2017 begin as ’n elektroniese tydskrif wat praktiese boerdery idees, statistieke en inspirasie oor landbou aan boere versprei. In slegs 4 jaar is die gewildheid van BOERhier oorweldigend en menigte lesers het daarop aangedring vir ’n Engelse weergawe.

Versorg jou Groen Goud so

Kwekerybestuurder / Tuinboukundige: Komati Fruit Nurseries (BTech Tuinboukunde)

Geredigeer deur: Braam Koekemoer

 

Soos met enige ander landbou produkte, kom daar ’n tyd wat die mark baie aanloklik is vir ’n spesifieke produk. Daar kan verskeie redes wees vir die gunstige market, nuwe gesondheids tendense, nuwe navorsing, spesifieke seisoene en natuurlik goeie bemarking.

Die avokado industrie is tans in ’n baie goeie seisoen in sy leeftyd, met markte in Europa wat uit sy nate bars en nuwe markte wat oopgaan in Asië, Korea, Japan en Amerika. Dit maak dit baie aanloklik vir boere om so gou as moontlik meer en meer avokado boorde te vestig om so gou as moontlik op hierdie soustrein te klim.

Dit is egter baie belangrik om jouself goed in te lig oor die verskeie seisoene en wanneer kompeterende lande soos Peru en Colombia in die mark in kom. Dit het ’n groot invloed op jou wins marges wanneer jy wil uitvoer. Kultivar seleksie en ligging is dus uiters belangrik om seker te maak dat jy in die gunstige tye in kom met jou oes.

’n Klonale avokadoboom ondergaan menige stappe in die kwekery voor dit uiteindelik in die boorde geplant kan word. Dit is belangrik dat mens weet watter onderstam optimaal in jou grondtipe sal groei en watter kultivar optimaal saam met daardie onderstam sal vrug dra. Raadpleeg ’n geakkrediteerde kwekery om jou te help met jou keuse. Besoek gerus SAAGA se webtuiste vir ’n lys van geakkrediteerde kwekerye.

Jou grondtipe beinvloed ook jou grond voorbereidings metodes. Sanderige grond hoef bykans nie eers “ge-ridge” te word nie, alhoewel ’n klein “ridge” voorgestel word, waartelkens kleigrond absoluut “ge-ridge” moet word om oortollige water van die “feeder roots” af te kry and algehele dreinering te verbeter vir ’n gesonder wortel stelsel.

’n Gesonde boom uit die kwekery is uiters belangrik vir suksesvolle boord vestiging. Doen ewekansige inspeksies op die vrag wat jy ontvang het, kyk na blaar kleur, entlas (moet egalig wees) en sny ’n paar sakkies oop om seker te maak die bome het mooi gesonde, wit wortels reg rondom die sakkie.

“Ridges” moet vooraf benat word sodat die grond klam is wanneer bome geplant word om plant stress te verlig. Grou die gate diep genoeg sodat die boom gemaklik daarin sal pas, maak seker dit is nie te diep nie, die kwekery se medium moet bykans gelyk wees met die grond oppervlakte. As die boom te diep geplant word sal dit kraagvrot ontwikkel en die boom sal binne ’n maand sterf. Sny die bodem van die sakkie oop, plaas die boom in die gat en sny dan die kant van die sakkie oop en verwyder, hierdie manier verseker dat geen wortels tydens die plant proses beskadig word nie. Gooi die gat toe, moet nie die grond te styf vas trap rondom die boom nie, dit kan veroorsaak dat wortels afbreek.

Avo bome, uit ’n kwekery, se stammetjies is baie sensitief vir sonbrand omdat hulle in hoë digtheid gepak word in die kwekery, daar word dus voorgestel dat die stammetjies en takke wat blootgestel is met ’n wit PVA verf of spesifiek geformuleerde boomverf geverf word om sonbrand skade te voorkom. Bome kan dadelik Phytophthora behandeling ontvang, wat by jou chemiese produkverskaffer aangekoop kan word. Korrel kunsmis word ook dadelik toegedien, 2:2:1 (MAP/KAN/KNO3) saam met ’n goeie deklaag kompos of ander “mulch” wat die grond vog beheer, moet nie die deklaag teen die stammetjies gooi nie. ’n Maandelikse blaartoediening word ook voorgestel. Die bome kan ook dadelik ondersteun word met ’n groter stok omdat die kwekery stokkie te klein sal word en kan breek omdat dit te klein is om ’n groter boom te ondersteun. Hierdie inligting word voorgestel maar raadpleeg jou verskaffer waarmee jy vertroud is vir kunsmis en chemiese toediennings, of ’n SAAGA tegniese beampte vir meer raad oor avokado’s.

Share this article

Sluit aan by BOERhier!