BOERhier Logo
Soek
Close this search box.

ISUZU: Hiérdie bakkie het lus vir werk!

ISUZU: Hiérdie bakkie het lus vir werk!

Lees tyd
Isuzu KB250 Bakkie - Wheels24
Isuzu KB250 Bakkie - Wheels24
Die eerste Isuzu bakkie is 40 jaar gelede gebou by die Kempston-aanleg in Port Elizabeth. Vandag spog Isuzu met drie gewilde uitgebreide reekse.

Wat het die voormalige Springbok Rugby kaptein John Smit, die eerste proefbuis baba, die Walkman en die film Grease in gemeen? Hulle was almal aan die wêreld bekendgestel in die dieselfde jaar as die eerste Isuzu bakkie wat plaaslik vervaardig was in Suid-Afrika.

1978 was ‘n belangrike jaar vir een van die gunstelinge op Suid-Afrikaanse paaie – of hy nou skape aangery het in die Karoo, of rondgerits het tussen Gauteng se wolkekrabbers; die Isuzu bakkie is al vir vier dekades sinoniem met die Suid-Afrikaanse manier van lewe.

Die eerste Isuzu bakkie is 40 jaar gelede gebou by die Kempston-aanleg in Port Elizabeth. Vandag spog Isuzu met drie gewilde uitgebreide reekse. Hiérdie bakkies bulder nog sterk voort om ‘n vooraanstaande mededinger in die mark te wees. Hulle word streng beproef en getoets en is sodoende ‘n ware legende vir die Isuzu Motors Suid-Afrika maatskappy wat daar is om langtermyn verhoudinge te bou met ‘n produk wat al deur-en-deur bewys is as ‘n ware staatmaker.

Die heel eerste bakkie was bekend gestel met ‘n oorspronklike verkoopsprys vir ‘n hele R3 485 vir ‘n 1.6-liter petrol enjin en R4 295 vir die 2.0-liter diesel enjin bakkie.

Sedert die eerste bekendstelling, het die Isuzu bakkie ekstensief ontwikkel na een van Suid-Afrika se gunstelinge. Oor die jare het die fabrieksaanleg baie verandering ondergaan waar 5 generasies Isuzu bakkies al geproduseer was. Die sesde generasie word nou by die ultra modern Stuandale aanleg gebou.

In Oudtshoorn is daar ‘n Isuzu KB 1997 model met 1,5 miljoen kilometer op die klok wat vandag nog daagliks hardloop. Die eienaar, Gerhard du Toit sê dat hy die voertuig klokslag elke 10 000 km diens en slegs egte Isuzu parte gebruik vir die onderhoud van die bakkie. In Mosselbaai is daar ook ‘n Isuzu KB 250, 1999 model, diesel dubbelkajuit bakkie wat nog sterk loop nadat hy die 1 miljoen kilometer merkie behaal het. Die eienaar, David Manley, en sy vrou reis gereeld Namibië toe met hul getroue bakkie.

Isuzu is definitief hier om te bly. Dis ‘n plaasbakkie deur en deur wat nie bang is vir werk nie. Hoe taaier die pad, hoe meer pas dit by sy karakter. Maar in dieselfde asem ry hy net so lekker egalig in die stad. Dis ‘n bakkie wat jy kan geniet, bekostig en gebruik… vir ewig!

 

Share this article

Hooftrekke

Ad display

Sluit aan by BOERhier!