Nuwe tegnolgie kan dieresiektes bespeur
Merck Dieregesondheid het ’n nuwe elektroniese oorplaatjie-tegnologie, SenseHub Feedlot, bekendgestel. Dit is daarop gemik om siektes in diere meer akkuraat en vroeër te identifiseer as wat die geval met tradisionele visuele waarneming is.
Die nuwe tegnologie is by ’n voerkrale in Oklahoma getoets en daar is bewys dat dit doeltreffend is. Dit behels ’n verhelderende elektroniese oorplaatjie wat ontwerp is om siek diere maklik te identfiseer en te sorteer. Minder arbeid word benodig en minimale ontwrigting van die ander diere vind plaas.
SenseHub Feedlot spoor gedrag- en biometriese data na om die gesondheid van elke dier te monitor. Liggaamshitte word deur ’n infrarooi temperatuurmeter vasgevang en ’n ingeboude versnellingsmeter meet die dier se aktiwiteit. Met behulp van die ingesamelde data, gebruik die elektroniese oorplaatjie, masjien-geletterheid om algoritmes van individuele kalwers te identifiseer wat dan as basislyn-norme dien.
Die persone wat na die beeste omsien ontvang ’n daaglikse lys op hul selfoon of rekenaar wat diere insluit wat deur die stelsel geïdentifiseer word as wat verdere assessering benodig, lam is of ander kwale het. Terselfdertyd is daar ’n LED-liggie op die siek diere se oorplaatjie wat flits, sodat dit gou raakgesien kan word. Die dier kan dan uitgehaal word en daar kan bepaal word wat die probleem en die gepaste behandeling is.
SenseHub Feedlot vereis minimale hardeware, is maklik om te implementeer in enige grootte boerdery en werk sover as 5km. Dit bestaan uit ’n oorplaatjie wat weer gebruik kan word en ’n antenna wat in die gebied geplaas word. ’n Poort kollekteer, stoor en stuur inligting na ’n dataplatform.
Bron : https://www.dvm360.com/view/new-ear-tag-technology-shown-to-improve-illness-detection-in-cattle