Tegnologie ingespan om wilde diere se gesondheid oor afstand te bekyk

Tegnologie ingespan om wilde diere se gesondheid oor afstand te bekyk

Lees tyd
Photo by Ted McDonnell: https://www.pexels.com/photo/two-lionesses-grooming-each-other-12184655/
Photo by Ted McDonnell: https://www.pexels.com/photo/two-lionesses-grooming-each-other-12184655/
Een van Suid-Afrika se top navorsers wil robotika en kunsmatige intelligensie inspan om wilde diere se gesondheid oor ’n afstand waar te neem.

Een van Suid-Afrika se top navorsers wil robotika en kunsmatige intelligensie inspan om wilde diere se gesondheid oor ’n afstand waar te neem.

Prof. Amir Patel, akademiese medeprofessor van die Universiteit Kaapstad, sê al hoe meer wilde diere doen siektes op van mense en mak diere. Dit bly ’n probleem om hul gesondheidstatus te monitor en bepaal.

“Dit is baie moeilik om diere in die natuur te monitor aangesien hul bloed getrek moet word, hul mis ontleed moet word of tyd en hulpbron-intensiewe monitoringmetodes vereis word, wat vinnige siekte-identifikasie of ingryping om die probleem aan te pak, verhinder.”

Volgens Patel is die plan om tegnieke wat tradisioneel deur robotte aangewend is, soos rekenaarvisie, masjienleer en meganiese modellering, en sensorsamesmelting te gebruik om die gedrag van die wilde diere van ’n afstand af te meet. Hy het reeds begin om data in te samel en om algoritmes te ontwikkel om sodoende sy eerste proefkonyne, naamlik leeus, akkuraat te kan monitor.

“Nuwe siektes kan totale wilde bevolkings uitwis en verder uitkring deur ekostelsels namate die patogene nuwe gashere sonder immuniteit vind. As ’n voorbeeld kan leeus, ’n bedreigde spesie, hondesiekte by mak honde aansteek, of beestuberkulose van beeste, wat deur ’n hele trop kan versprei indien dit nie vroeg genoeg opgemerk word nie.”

Waarskuwingstelsel

Sy tegnologie sal ’n vroeë waarskuwingstelsel skep vir ekoloë en veeartse om hulle te help om vroegtydig te weet as die diere siek is. Só kan verhinder word dat siektes deur dierebevolkings versprei word en dalk weer terug na mense.

Sy mikpunt op lang termyn is dat sy tegnologie deel sal vorm van ’n breër bestuur- en moniteringstrategie in Suid-Afrika se nasionale parke. Hoewel sy huidige projek nog in sy kinderskoene is, het amptenare by Sanparke reeds ingestem om sy tegnologie in die Kgalagadi-oorgrenspark en die Krugerwildtuin te gebruik sodra dit gereed is.

Patel, wat verbonde is aan die Universiteit van Kaapstad se departement elektriese ingenieurswese, het onlangs die gesogte Oppenheimer Gedenktrust-toekenning ontvang. Hy sal onder meer die R500 000 wat hy as deel van die toekenning ontvang het, gebruik om sy jongste werk te bespoedig tydens sy sabbatsjaar by die Universiteit van Oxford in Brittanje volgende jaar.

Patel is reeds die afgelope tien jaar besig om stelsels te ontwikkel om die biomeganika van jagluiperds te verstaan. Die jongste werk is ’n uitbreiding op die navorsing.

Patel het in 2021 ’n Google-navorsingstoekenning ontvang in die kategorie vir masjienwaarneming vir sy projek om ’n diepleergebaseerde bewegingsvangsisteem (WildPose) te ontwikkel waar hy bykomende sensordata gebruik om hoëspoed-, vollyf-3D-dierebewegings in die veld uit ’n enkele oogpunt vas te vang.

 

Bron: Tegnologie ingespan om wilde diere se gesondheid oor afstand te bekyk | Landbou

Share this article

Sluit aan by BOERhier!