Waar kom melk vandaan?

Waar kom melk vandaan?

Lees tyd
Dairy Cow - Photo by Helena Lopes from Pexels
Dairy Cow - Photo by Helena Lopes from Pexels
Vandag moet melk Boere ’n deeglike kennis hê van die aanteel met ‘n spesifieke ras waarmee hy gaan teel. Die melkboer moet ook goeie kennis hê van die voer en die moderne melk tegnieke.

Melk verwerking begin op die plaas. Die koeie wei in die veld waar hul daarna na die melkstal geneem word, om gemelk te word. Nadat die koeie gemelk is kom ‘n groot melk trok om die melk te kom wegneem na die melkery; waar daar allerande verskillende suiwel produkte geproduseer word.

Die melkboer kies rasse van koeie wat die mees geskikte ras is vir die produsering van melk. Sommige rasse gee groot hoeveelhede melk, en ander rasse gee weer ‘n hoë persentasie bottervet, proteïen en vaste stowwe. Daar is baie verskillende melk beeste in Suid-Afrika naamlik die Holstein, Jersey, Ayrshire and Guernsey rasse. Vandag moet melk Boere ’n deeglike kennis hê van die aanteel met ‘n spesifieke ras waarmee hy gaan teel. Die melkboer moet ook goeie kennis hê van die voer en die moderne melk tegnieke, om ’n goeie hoë kwaliteit produk te produseer en dieselfde hoeveelheid melk te produseer reg deur die jaar. Die hoeveelheid melk wat deur die koei geproduseer word hang volkome af van watse tipe voer proteïen ingeneem word. Dit is gewoonlik kuilvoer, hawermout, bone, hooi, mielies, stingels, lusern, katoensaad, kruidkoek, of suiwelmeel. Beeste met ‘n hoë voedingswaarde verhoog die kwaliteit van die melk.

In die verlede was koeie met die hand gemelk, maar vandag word melkmasjiene gebruik om groot hoeveelhede koeie op ‘n slag te melk. Dit het die tyd wat dit neem om koeie te melk met meer as sewentig present verlaag en is ook baie meer higiënies. In die melkstal word daar getoets vir mastitis, dit is wanneer ‘n koeie infeksie in haar uier ontwikkel. Die melk van ‘n koei wat besmet is met die infeksie; is nie geskik vir menslike gebruik nie. As die toets toon dat die uier gesond is, word die koei se spene aan die melkmasjien gekoppel met vier rubber suiers. Die melk vloei deur die buise, deur baie fyn filters wat enige onsuiwerhede verwyder, dan word die melk in vlekvrye staal tanks gepomp en verkoel. Nadat die koeie klaar gemelk is moet die melk dadelik wat nog liggaamstemperatuur is, afgekoel word, tot onder 4 grade selsuis. Dit voorkom dus die voortplanting van bakterieë wat verantwoordelik is vir die bederf van die melk wat geproduseer is. Die melk kan maklik bederf word met temperature bokant 5 grade selsuis, of as dit in kamertemperatuur gelaat word.

Op die plaas kom ‘n groot padtenkwa wat die melk dan versamel in die groot geïsoleerde tenk. Voordat die melk in die groot geïsoleerde tenk gepomp word, word daar eers monsters van die melk geneem en getoets om seker te maak die melk is op standaard. Daar word ook aan die melk geruik en geproe om seker te maak dat dit nie suur is nie. Die PH van die melk word ook getoets om seker te maak dat daar nie te veel suur in die melk is nie. Wanneer al die toetse klaar gedoen is en alles is op standaard, word die melk in die padtenkwa gepomp en na die melkery vervoer.

By die melkery gaan die melk deur verskeie prosesse, om seker te maak alles is reg vir die verpakking en verkoop aan die winkels en verbruikers. Wanneer die padtenkwaens by die melkery aankom; word die melk getoets vir antibiotika, kwaliteit en water inhoud. Die monsters wat van elke plaas af kom word ook weer getoets in die melkery se eie laboratorium vir bottervet, proteïen, lactose en bygevoegde water. As al die monsters goedgekeur word, word die melk van die padtenkwa gepomp in die groot melk silo’s. Terwyl dit in die silos gepomp word, word ‘n drup monster geneem en nog ‘n toets word gedoen, vir die water en bottervet inhoud. Die water toets word gedoen om te verseker dat daar geen water by die melk gevoeg is nie, en die bottervet van die hele tenker word getoets om te bepaal hoeveel bottervet in die hele tenker se melk inhoud is.

Elke tenk word getoets vir antibiotika en as dit positief is, word die melk nie goed gekeur nie. Dit is baie belangrik omdat daar baie mense is wat ‘n allergie het vir antibiotika. Dit kan tot ‘n groot krisis afstuur.

Melk bestaan uit 88 persent water en 12 persent soliede bestanddele. ‘n Waterinhoud toets meet die vriespunt van die melk, indien die persentasie van die water meer as 88 persent is, en die vriespunt moet gemeet word om vas te stel of dit verander het. Dit stel presies voor hoeveel en of daar wel water by gevoeg is. Geen melk sal aanvaar word as daar enigstens water by gevoeg is nie.

Die hoeveelheid Bottervet in melk is baie belangrik, want dit is wat melk die romerige smaak gee.

Bron: www.droversrun.co.za

Share this article

Sluit aan by BOERhier!