Wanneer is die ideale tyd om beeste te skandeer?

Wanneer is die ideale tyd om beeste te skandeer?

Lees tyd
Image Cute baby cow standing near rustic house in village by Julia Volk
Image Cute baby cow standing near rustic house in village by Julia Volk
BOERhier is ’n Sosiale Media sukses storie! BOERhier het in Junie 2017 begin as ’n elektroniese tydskrif wat praktiese boerdery idees, statistieke en inspirasie oor landbou aan boere versprei. In slegs 4 jaar is die gewildheid van BOERhier oorweldigend en menigte lesers het daarop aangedring vir ’n Engelse weergawe.

Dragtigheidsondersoeke by beeste

Geskryf deur Anneke Wiese –
Agri Sonar Scanning

Dit is elke produsent se droom om jaarliks ’n kalfpersentasie van so na aan 100% as moontlik te hê. Boere doen dragtigheidsondersoeke om te kan bevestig of hul diere dragtig is. Dis om beter bestuur toe te pas in hul kuddes. Boere kan diere uitkeer wat nie dragtig is nie en bulle weer by sit. Diere wat na die 2de keer getoets word en nie dragtig is nie kan onvrugbaar wees.

 

Ideale tyd vir skandering

Bulle loop by die koeie vir +- 3 maande van die begin van Oktober tot einde Febuarie. Diere word daarna geskandeer om dragtigheid te bevestig. Dragtigheidsondersoeke kan so vroeg as op 6 weke gedoen word. Dier word rektaal ondersoek. Dis ook belangrik dat diere in ’n goeie kondisie is, verkieslik met ’n kondisietelling van 3. Diere wat te vet is sal moeilik dragtig raak en so ook diere wat te maer is.

Dit is baie belangrik dat bulle voor dekseisoen getoets word vir trigomonose, BM en vrugbaarheid.

Die voordele:

  • Boere kan vroeg weet watter diere dragtig is.
  • Die fetus vertoon duidelik op die skerm van die skandering apparaat.
  • Dit is minder stresvol op die dier
  • Dit hou minder risikos in omdat dit n minuut vat.

Vir meer inligting kontak Anneke Wiese
Agri Sonar Scanning
agrisonarscanning@gmail.com / 072 945 1278

 

 

 

Share this article

Sluit aan by BOERhier!