Wat is die proses om jou boerdery te digitaliser?

Wat is die proses om jou boerdery te digitaliser?

Lees tyd
Drone - Photo by JESHOOTS.com from Pexels
Drone - Photo by JESHOOTS.com from Pexels
Wanneer mens onkundig is, is mens kwesbaar vir enige iets wat mense aan jou probeer smous. Daar is geen uitsondering wanneer dit kom by boere en die digitalisering van jou boerdery nie.

Wanneer mens onkundig is, is mens kwesbaar vir enige iets wat mense aan jou probeer smous. Daar is geen uitsondering wanneer dit kom by boere en die digitalisering van jou boerdery nie. In hierdie artikel gee ek raad wanneer dit kom by die keuse van tegnologie digitalisering van jou boerdery.

Elke verskaffer van boerdery tegnologie oplossings sal vertel hulle oplossing is die beste, sal baie kere ’n paar groot name in die bedryf rondgooi en maak gewoonlik klomp beloftes, en vertel vir jou hoe gewillig hulle is om enige iets wat kort, by te voeg in hulle oplossing. Pasop! Wees versigtig vir leë beloftes!

My raad wat ek aan boere kan gee is, gebruik eerder meer tyd, en gaan deur ’n behoorlike ondersoekproses. Indien jy dit nie doen nie, mag jy heel waarskynlik oor ’n paar maande of ’n jaar of twee weer dieselfde impulsiewe besluit moet neem aangesien dit wat jy gekies het, nie werk nie, en dit jou klomp geld gekos het. My ondervinding is ook, sodra boere eenkeer ’n teleurstelling gehad het met foutiewe keuses, hulle gewoonlik nie sommer weer ’n besluit wil maak nie.

Hier volg ’n paar vrae wat jy kan gebruik wanneer dit kom by die keuse van tegnologie en plaasdigitalisering:

  • Wat is jou werklike behoefte? Bepaal eers jou werklike behoeftes. Analiseer jou eie besigheidsprosesse. Maak ’n lys van behoeftes. Onthou, in enige lys van behoeftes is daar punte wat besigheidskritiek is, ander is belangrik, en ander is wenslysitems
  • Watter fuksionaliteit het jou huidige oplossings reeds? Kyk ook wat jou huidige oplossings reeds bied. Vind ook uit wat hulle bereid is om te doen om die bestaande gate te vul.
  • Wat wil jy bereik?: Daar is baie keuses om te maak. Dit mag wees dat jy eers van al die losstaande oplossings ontslae raak en een geintegreerde oplossing kies, of moontlik wil jy eers net al die oplossings met mekaar laat integreer. Hierdie vrae se antwoorde raak gewoonlik duideliker afhangende die grootte van die gate in die bestaande oplossing, en hoeveel geld jy bereid is om te spandeer
  • Wat gebruik boere in jou onmiddelike en soortgelyke bedrywe: Praat met jou buurmanne, of boere wat in soortgelyke boerderye as jy betrokke is. Hoor wat hulle gebruik, hoe goed dit werk. Dit sal jou help om ’n lys van moontlike verskaffers saam te stel om jou besigheidsuitdagings uit te sorteer.
  • Jy moet die tegnologie verskaffers kontak, nie hulle vir jou nie: Tegnologieverskaffers sal jou altyd benader en probleme probeer verkoop, en hoe hulle dit kan oplos. Moenie laat tegnologieverskaffers jou vang met probleme wat moontlik nie eers in jou besigheid bestaan nie.
  • Besoek boerderye waar oplossings reeds gebruik word: Sodra jy ’n kortlys van oplossings gemaak het, wat jy wil ondersoek, besoek boerderye wat hierdie oplossings reeds gebruik sonder dat die verskaffers weet. Vra ook verskaffers om op grond van jou behoeftes, op skrif te verduidelik, en ook die oplossing wat hulle voorstel aan jou te demonstreer. Moenie dat enige iemand jou flous met bemarkingsmateriaal nie.
  • Toetsstelsel toegang: Dring daarop aan dat jy toegang tot ’n toetsstel kan kry sodat jy self kan bepaal hoe maklik dit is om die oplossing te gebruik.
  • Funksionaliteit teenoor koste: Moenie die duurste of goedkoopste oplossing koop nie, koop die beste funksionaliteit vir wat jy bereid is om geld te spandeer.

Ek vertrou dat die inligting in hierdie artikel jou perspektief gegee het oor hoe om tegnologie oplossings te kies.

Geskryf deur: Braam Koekemoer; Group System Administrator:
Komati Fruits

 

Share this article

Sluit aan by BOERhier!