Wat is die voordele van meganisasie beplanning?

Wat is die voordele van meganisasie beplanning?

Lees tyd
Image Photo of Tractor on Fields by RGR G
Image Photo of Tractor on Fields by RGR G
BOERhier is ’n Sosiale Media sukses storie! BOERhier het in Junie 2017 begin as ’n elektroniese tydskrif wat praktiese boerdery idees, statistieke en inspirasie oor landbou aan boere versprei. In slegs 4 jaar is die gewildheid van BOERhier oorweldigend en menigte lesers het daarop aangedring vir ’n Engelse weergawe.

Die Voordele van Meganisasie Beplanning

deur Johan van Biljon

Meganisasiebeplanning is baie belangrik om die korrekte keuse van geintegreerde bewerkings te doen om sodoende meganisasiekoste te beperk.

Van die faktore wat ’n invloed op ’n meganisasie sisteem kan hê is die werksure per dag, verlore tyd per dag, afstande tussen die graansilo en die plaas en tussen die plaas en lande, pad toestande, landgrootte en vorm, grond tipe, grondkondisie, die regte trekker tot implement keuses en tyd beskikbaar vir verskillende bewerkingsaksies.

Die landdoeltreffendheid sal afhang van die landgrootte en vertragings sos omdraaityd tydens bewerkings.

Alhoewel sandgronde meer traksie probleme kan voorsien en dus gekyk moet word na 4 wiel aandrywing kan kleigrond meer enjin krag vereis as sandgrond. Dus kan grondtipe ’n invloed op die keuse van trekkers en implemente hê.

Die trekker tot implement keuse moet sodanig wees dat die enjinkrag optimal benut word sonder oormatige wielglip.

Die vensterperiode waartydens bewerkings gedoen kan word sal afhang van die oesdatum van die gewas, optimum planttyd vir die gewas in die spesifieke streek, die onkruid/plaagbespuitings program en ook die opvolg onkruidbeheer program wat nodig is, om maar ’n paar faktore te noem.

Bewerkingspraktyke soos geen bewerking en gewasrotasie speel ook ’n rol tydens megansiasie beplanning.

Modelle wat gebruik word vir meganisasie beplanning kan afkomstig wees van die plaas eienaar self, onafhanklike kontrakteurs, ko-operatiewe dienste of departementele dienste.

Daar bestaan wel ’n publikasie asook ’n rekenaarmodel as hulpmiddel om meganisasiebeplanning te doen wat verkrygbaar is by die landbou-ingenieurswese tak van die Landbounavorsingsraad.

Navrae: Johan v Biljon vbiljonj@arc.agric.za

Share this article

Sluit aan by BOERhier!