Wat is die Waterberg Security Initiative?

Wat is die Waterberg Security Initiative?

Lees tyd
Waterberg Security Initiative
Waterberg Security Initiative
WSI is ’n sentrale organisasie wat ’n gemeenskap saam bind. As gevolg van WSI is die area nou een van die veiligste gebiede in SA om in te woon.

Bekendstelling

WSI is deel van die gemeenskapspolisiërings-forum (GPF) en die provinsiale plan vir landelike veiligheid en is ook deel van die groter veiligheidsnetwerk vir die Waterberg. WSI ondersteun ook die FPA en die gemeenskap met die bestuur en bestyding van veld vure. Daar word ook gereeld met RAL opgevolg oor die toestand van paaie in die gebied. Indien nood voertuie benodig word, hetsy vir ’n pad ongeluk, of enige ander situasie is WSI ook daar vir dit.

WSI is baie meer as net sekuriteit. WSI is ’n geografiese gebied wat meer as 350,000 ha beslaan in die Waterberg gebied in Limpopo, met nagenoeg 300 plaas eienaars waarvan 103 aktiewe lede is.

Hoe het Waterberg Security Initiative ontstaan het?

Save The Waterberg Rhino (STWR) is in 2012 gestig na ’n renosterstropery in die Waterberg gebied, wat ’n algemene veiligheidskrisis geïdentifiseer het. STWR het die behoefte geïdentifiseer vir verhoogde veiligheidsmaatreëls in die gebied om die gemeenskappe en diere te beskerm teen die toename in kriminele aktiwiteite wat met stropery verband hou.

Renosterstropery is verweef met georganiseerde misdaadsindikate. Dit is word onderling verbind met 4 groot misdade wêreldwyd, naamlik;

  • Onwettige smokkel van wapens en ammunisie
  • Mensehandel
  • Dwelms
  • Onwettige handel in wild

Sodra lede van hierdie sindikate binne ’n gebied gevestig is, neem algemene misdade soos diefstal, huisbraak, gesinsgeweld, korrupsie, kaping van voertuie, plaasaanvalle, moorde en verkragting toe. STWR het geïdentifiseer dat iets gedoen moet word, en so is Waterberg Security Initiative (WSI) gestig is. Op 24/2/2017 is die eerste cluster -gemeenskapsvergadering gehou om die lewensvatbaarheid van WSI te bepaal.

Op grond van die uitslag, is WSI in Junie 2017 gestig. WSI is nou ’n nie-winsgewende, gevestigde, selfonderhoudende organisasie deur die gemeenskap vir die gemeenskap met die hoofdoel om die gemeenskap te beskerm en om ’n veilige omgewing te skep vir fauna en flora, grondeienaars, werknemers, toeriste, besighede en inwoners van die omgewing.

Objektief van WSI

Die aanvanklike idee was om al die toegangs roetes toe te maak met valhekke wat beman sou word deur gewapende wagte. Na deeglik ondersoek is bevind dat die hekke nie koste efektief is nie en dat lisensies baie moeilik bekombaar is. Daar is ook heelwat ander areas wat die roete gevolg het en meeste van die projekte was onsuksesvol. WSI het dis die kamera moniteerings stelsel geimplimenteer. Met groot dank aan donateers het WSI tans 15 kamera punte wat al die hoof toegangs roetes na die area monitor. Meer as 3 miljoen rand is in die projek belê. Die kameras word ook deur twee, 24/7 kontrole kamers gemonitor en die inligting word deur hul verwerk. Die kamera stelses skakel in by die Syntell  wat landwyd kameras het. Die misdaad bekampings sukses wat behaal word deur die inligting bekom vanaf die kameras is finominaal.

Meeste gebiede maak staat op slegs die plaaslike gemeenskap patrolies. WSI ondersteun dit total en al maar het ook gevoel as die gemeenskap se mans elke aand op patrolies is, dit hulle eie gesinne in gevaar stel wat weerloos alleen by die huis is. WSI het 3 gewapende reaksie voetuie wat die gebied partoleer, uitgekontrakteer aan Secret Eye Surveilance, ’n Psira geregistreerde maatskapy met ’n stewige afdruk in die beveiliging van landelike gebiede. Die voertuie word beman deur ’n goed opgeleiede bestuurder en ’n spoorsnyer. WSI het ook hulle eie K9 eenheid wat help met spoorsny maar wat ook al groot sukses behaal het met strooping bekamping.

WSI is ’n sentrale organisasie wat ’n gemeenskap saam bind. WSI dien sy lede en die gemeenskap as ’n geheel. As gevolg van WSI is die area nou een van die veiligste gebiede in SA om in te woon.

Geskryf deur WSI

Share this article

Sluit aan by BOERhier!