BOERhier Logo

Wat is ’n Basiese boerdery beginsel?

Wat is ’n Basiese boerdery beginsel?

Lees tyd
agriculture-gbb32695f3_640
agriculture-gbb32695f3_640
Daar is deesdae baie gonswoorde wat deur konsultasie en tegnologiediensverskaffers rondgegooi word. Jy het sekerlik al van woorde soos AI, “machine learning”, “drones” en IOT gehoor.

Daar is deesdae baie gonswoorde wat deur konsultasie en tegnologiediensverskaffers rondgegooi word. Jy het sekerlik al van woorde soos AI, “machine learning”, “drones” en IOT gehoor. En dit is als goed wat jou meeste van die tyd deurmekaar maak. Een ding is seker, om suksesvol te wees, en te weet wat aangaan, moet jy meet, want as jy nie meet nie sal jy nie weet nie. Die vraag is altyd waar begin mens.

Iets wat ook belangrik is om te onthou, mens moet nooit jou arbeiders of voormanne wat vir jou werk, se vermoë onderskat om seker metings te doen nie, sonder om onnodige duur tegnologie te implementeer. Aan die einde wil mens beter werk, maar dit is noodsaaklik om eers die metingsbeginsels en inligtingsvloei reg te kry alvorens mens hierdie prosesse probeer outomatiseer. Die gevaarlikste praktyk is wanneer boere oorhaastig oorspandeer aan tegnologie, sonder om die werklike metingsbehoeftes te identifseer, en nie ten tye van die aankoop van hierdie tegnologie alreeds metings op ’n manier doen nie, en verskaffers van tegnologie verkoop die idee aan jou dat nuwe tegnologie gaan alles sommer net in plek laat val. Die beginsel van “one cannot fix a system with another system” moet altyd toegepas word.

As boer, is jy die kundige in jou vakgebied. Dit is dus belangrik dat jy bepaal wat jy wil en moet meet, en in watter frekwensies. Daar is verskeie oplossings om metings te boek te stel, indien jy bereid is om meer te doen as die tradisionele notaboekiestelsel. In hierdie artikel gaan ek nie vir jou voorskryf watter oplossing om te gebruik nie, maar beveel aan dat jy metings op ’n manier teboek stel dat dit geanaliseer kan word, na tendense kan kyk, filter om uitskieters te idenfiseer, en korrelasies tussen metings te kan sien.

Mens moet ook nie die waarde van jy as die boer of jou voormanne onderskat om op grondvlak te beweeg nie. Gaan kyk self na jou diere. Loop deur jou boorde. Stap agter jou spuitkarre aan. Gaan kyk ’n slag self na jou damvlakke. Verifieer hierdeur of jou metings korreleer wat op die grond gebeur.

In my opinie is daar ’n aantal, maar nie beperk tot verskeie metingskategorieë. Ek lys hulle hieronder:

  • Verstaan jou plaas, boorde/lande/veld en hulle groottes, tipe grond, weer, tipiese temperature, grond en waterkarakteristieke, gras en boomtipes
  • Boom en/of diersensus
  • Insette, hoeveelhede en koste per boord / kamp / land / dier
  • Aanwinste en verliese per boord / kamp / land / dier
  • Enige boerdery aktiwiteite wat kostes toevoeg
  • Belangrike statistieke soos weer, reën, damvlakke ens.
  • Uitsette, oeste, verkope ens.

Baie boere is ook bekommerd dat wanneer hulle hierdie metingsprosesse onder die knie het, hulle inligting bymekaar maak wat nie noodwendig waarde toevoeg nie. Opberging van data is deesdae baie goedkoop. Oormeting is nie noodwendig ’n slegte ding nie. Dit is ’n groter probleem indien jy nie spesifieke inligting het nie, en jy moet ’n besluit maak gebaseer op daardie feite wat jy nie het nie, want dit kan lei tot aannames wat altyd ’n kans het om jou aan die haakskeen te byt.

Ten slotte is my boodskap aan boere, begin iewers, meet wat jy dink is nodig. Jy kan soos behoeftes ontstaan, addisionele metings implementeer. Begin net iewers!

Geskryf deur Braam Koekemoer, Groep Stelsel Administrateur: Komati Fruits

Share this article

Hooftrekke

Ad display

Sluit aan by BOERhier!