Bostu Boerboels
Bostu Boerboels is geleë aan die rand van die pragtige Leeufontein-area naby aan Roodeplaat dam in Pretoria.
Ons het in 2010 indiepte navorsing begin doen oor die Boerboelras en in 2014 het ons boerboel familie begin met 8 boerboele. Daarvan het ons die land plat gereis opsoek na die beste bloedlyne!
Ons het van die begin af beoog om ‘n unieke eienskap aan ons telery te bring, iets anders as die normale en om seker te maak dat ons van die begin af alles reg doen.
Daarvan het ons gevriesde saad aangekoop van top boerboele wat nie langer in die omloop beskikbaar was nie en het ons net gegroei tot waar ons vandag die trotse eienaars van amper 200 boerboele is.
By Bostu Boerboels het ons van die begin af gefokus op twee baie belangrike aspekte, naamlik die gesondheid van elke teelhond en voortdurend daarop te verbeter. Dan is die fokus ook daarop gerig om die beste tempramente te kan hê wat ons vandag mee kan spog, want al ons boerboele het absolute wonderlike en unieke persoonlikhede en tempramente.
Elke hond se kamp is toegerus met n geboude huis wat voldoen aan baie hoë standaarde met alles wat noodsaaklik kan wees om elke vier voetige kind by ons sy/haar optimale lewensstandaard te kan gee. Daar word ook individuele aandag daagliks aan elke een gegee deur te gaan stap of te oefen in ons speelpark.
Die lewensstandaard van ons boerboele is baie belangrik vir ons en daarom gaan elke teelhond deur gesondheidstoetse waar hulle heupe en elboë ook onderandere getoets word.
Stoet register is n Elite groep Boerboele wat aan baie hoë standaarde voldoen in terme van gesondheidstoetse asook keuringspunte. Ons by Bostu Boerboels spog met die feit dat ons die meeste honde wêreldwyd in die stoet register het wat op Logix aangedui is.
Dit is baie belangrik om die fynere besonderhede van so ‘n telery te verstaan. Ons is baie spesifiek oor ons teelpare en doen indiepte navorsing oor watter kombinasies bymekaar geplaas kan word om die kwaliteit van ons boerboele wêreldwyd te kan vestig.
Ons is ook baie trots op die feit dat ons tans nog die spogreg het met die hoogsgekeurde boerboel in Afrika vir die laaste vier jaar – sy naam is Bostu Daddy Cool.
Ons is ook in 2022 as die Stamboek Elite stoet telery aangekondig waarop ons baie trots is.
Bostu Boerboele het ook oor die laaste paar jaar aan skoue deelgeneem en dis n baie groot voorreg om te kan sê ons het oor die 1100 medaljes en trofees verower.
Ons is baie opgewonde vir die toekoms van Bostu Boerboels en ons nooi almal uit wat in die mark is vir n nuwe baba Boerboel om te kom draai by ons en te kom kuier.