Wie is Doringveld Meatmasters?

Wie is Doringveld Meatmasters?

Lees tyd
Image A Flock of Dorper Sheep Grazing on a Field by Beyza Öksüzer
Image A Flock of Dorper Sheep Grazing on a Field by Beyza Öksüzer
BOERhier is ’n Sosiale Media sukses storie! BOERhier het in Junie 2017 begin as ’n elektroniese tydskrif wat praktiese boerdery idees, statistieke en inspirasie oor landbou aan boere versprei. In slegs 4 jaar is die gewildheid van BOERhier oorweldigend en menigte lesers het daarop aangedring vir ’n Engelse weergawe.

Doringveld Meatmasters

Doringveld Meatmasters is geleë 15km Noord van Brits in die Noord Wes Provinsie in die “Mamogaleskraal” area. Ons is in die doringveld waar die “Wag ’n Bietjie” en “Hak & Steek” die oorheersende doringbome is.

As hulle nie onder beheer gehou word nie kan geen mens of dier in die veld loop nie. Ons gras is soetveld met ’n mengsel van wit buffel en beesgras, die beste weiding in die somer. Saam met die akasia bome se blare en peule het dit ’n baie hoë drakrag.

In die winter is die weiding swak. Ons het groot kostes aangegaan om te ontbos en toe gehoor van die Damara skape wat gras en bome vreet.

Na 2 jaar wat ons met die Damara geboer het, het my vrou met die kruising begin met ons beste Damara ooie en Wit Dorper ramme. Sy het die Wit Dorper ramme van Thabazimbi gebring, en het in 2011 begin met die kruisings. Ons area het strawwe hartwater en ’n groot belading van uitwendige en inwendige parasiete. Haar doelwit was, om ons eie meatmasters te teel vir ons area wat weerstand het teen uitwendige en inwendige parasiete. Nog ’n doelwit was om vleisproduksie te verbeter. Ons Meatmaster lammers is swaar en kry goeie pryse op speen ouderdom van 10-12 weke. Ons gebruik net Meatmaster ramme van erkende telers. Ons ramme word gereeld geruil vir verskillende bloedlyne van ander telers. Ons het twee teelramme met 150-200 ooie, afhangend van die weiding.

Kontak Besonderhede

Johan & Estelle Victor

082 324 9270/072 553 4895

E-pos – johanvictor09@gmail.com

 

 

Share this article

Sluit aan by BOERhier!