Transveld Meatmaster Klub
Transveld Meatmaster Klub het oorspronklik as die Noord-Oos Studie groep begin met ń klein groepie van 5 telers in 2008/2009. Hierdie telers was versprei oor ’n groot deel van Suid-Afrika, van Wesselsbron in die Vrystaat tot Noord van Pretoria in Gauteng. Nou is ’n groot deel van die telers van Gauteng. Die klub het die laaste paar jaar baie gegroei en nou staan ons al op 37 lede.
Die Transveld klub hou veilings drie keer per jaar, 2 in Pretoria by die ‘Fire and Wine Venue’ en een in Thabazimbi. Die klub pas die rasstandaarde toe deur ’n baie streng keuringsproses wat deur die Genootskap se keurders gedoen word. Dit stel potensiele kopers in staat om met vrymoedigheid op ons veilings te koop.
Daar was ’n nuwe bestuur gekies in September 2021:
- Voorsitter: Edmin de Klerk
- Sekretaresse: Rachel Fouche
- Tessourier: Marizanne von Wieligh
- Bemarking: Lana Prinsloo
- Veilings: WF Strydom
Ons as die bestuur werk hard om die Klub en die ras te laat vooruit gaan.
Die klub sou nie kon funksioneer sonder ons telers nie. So ons is bevooreg om die volgende telers te hê wat op die veiling die 4de Februarie skape gaan aanbied:
- Morena MM – LPJ Fourie
- Olivebranch MM – Rachel / Japie Fouche
- Wilgerboom MM – Willem Steenkamp
- Silveretta MM – Hercu van Niekerk
- Klipkuil MM – Johan van den Berg
- New Heaven – Twisten Smit
- Langkloof MM – Lilanie Viljoen
- Lapfontein MM – Edmin de Klerk
- Doringveld MM – Johan Victor
- Collen Boerdery – Stafford Collen
- Zambesiaka Stoet – Frits Hoogendijk
- Kern MM – Nico Grobler 20 ooie
- Ochre MM – Boemie Saaiman
- B3Genetics – Charles Freeme
- Zabo MM – Christiaan von Wielligh
- Silver Sens Boerdery – Gerhard Venter
- Hakuna Matata – Terence Long
- Red Ribbon – PW van Heerden
- Christoph Grobler – Dydimus MM
Kontak ons gerus vir meer inligting.
Transveld Meatmaster Klub se kontak besonderhede:
- transveldsecretary@gmail.com
Edmin de Klerk: 084 506 9404
Rachel Fouche: 076 698 3990