
BOERhier Veilings uitgawe 52
Rouvus Drakensberger – Die Stoet met ’n Stelsel – Goeie Genetika wat Werk.
In die hart van die Vrystaat, tussen klipkoppies en koue winters, is daar
’n stoetery wat nie net beeste teel nie – hulle bou aan iets wat hou. By
Rouvus Drakensbergers gaan dit nie oor mooi diere of groot praatjies
nie. Dit gaan oor beeste wat werk, en genetika wat sin maak vir die
werklikheid op die plaas.