BOERhier Logo
Soek
Close this search box.

Die belangrikheid van vogbeheer in graanberging

Die belangrikheid van vogbeheer in graanberging

Lees tyd
Die humiditeitsensors op die eenheid word volgens die spesifieke graan-ewewigskaart ingestel om te verseker dat graan gestoor en onderhou word volgens die verlangde vereistes

Die belangrikheid van vogbeheer in graanberging

Vogbeheer in graanberging beteken geld. Die opsie om graan voor jou mededingers te oes en aan die mark te verskaf, verminder nie net risikos op jou lande nie, maar verhoog ook jou potensiële inkomste op grond van die vraag en aanbod in die mark.

Terwyl vroeë oes die risiko verlaag van uiterste of onverwagte weer (dink klimaatsverandering), plae, diefstal of diereindringing, kom die oes van graangewasse met ’n hoër voginhoud met sy eie uitdagings. Dit sluit in muf en plaagbesmetting terwyl dit gestoor word en die behoefte om die voginhoud tot die voorgeskrewe markvlakke te verminder. SBS Agri kan jou help daarmee.

Die SBS Agri Outomatiese Graandroog- en Kondisioneringstelsel verlig hierdie risikos en maak dit moontlik om drie maande vroeër te begin oes op ’n voginhoud van 25%. Die stelsel droog graan tot die wêreldwyd aanvaarde vlak van onder 14% voginhoud, en handhaaf hierdie vogvlak vir lang tydperke in deurlugte graanbakke wat deur die SBS Agri Automatic Fan Control (AFC) Eenheid gereguleer word.

Ná die graan geoes en skoonmaak is, kan graan na die verlangde voginhoudvlakke gedroog word met behulp van ’n SBS Hot Air Generator. Graandroging kan beëindig word wanneer ’n voginhoud van tussen 15-17% bereik word, wat beide droogtyd en koste verminder. Die warm graan kan dan geskuif word na stoorbakke wat toegerus is met belugtingswaaiers om afgekoel te word om die voginhoud van die graan verder met tot 3% te verminder.

Die langdurige beskerming van gedroogde graangewasse word gehandaaf deur om ’n bergingstemperatuur binne die silo of opbergingsbakke te behou en graan by ’n konstante temperatuur van tussen 15 – 20°C te hou. Die verlaagde temperatuur sal help om die groei van muf te voorkom sowel as verlaag die ontwikeling van insekte en plae. Die verlangde vogpersentasie word ook behou. Die SBS Agri Automatic Fan Control-eenheid beheer die belugtingswaaiers op die stoorbakke met behulp van elektroniese humiditeitsensors. Hierdie sensors kan die humiditeit in die atmosfeer meet met ’n akkuraatheid van binne 2%.

Ontwerp om outomaties die beste tyd te kies om die belugtingswaaiers te laat loop, kontroleer die SBS Agri AFC-eenheid voortdurend atmosferiese toestande (temperatuur en humiditeit), skakel waaiers outomaties aan en af en loop slegs wanneer toestande die opgebergde graan bevoordeel.

Die humiditeitsensors op die eenheid word volgens die spesifieke graan-ewewigskaart ingestel om te verseker dat graan gestoor en onderhou word volgens die verlangde vereistes. Deur handmonitering en die risiko van menslike foute uit te skakel, laat die SBS Agri AFC-eenheid boere toe om met vertroue hul vroeë oes veilig te stoor.

Om kostes te bespaar en jou gestoorde graan te beskerm behoort nie vir jou rustelose nagte te gee nie, praat met ons vandag.

E-pos: info@sbsagri.co.za of besoek ons webwerf vir meer inligting oor die SBS Agri-stelsels en oplossings wat jou boerdery meer winsgewend kan maak.

Share this article

Hooftrekke

Ad display

Sluit aan by BOERhier!